Pas Jou Besproeiing Aan vir Somersukses

25 November 2022 | Besproeing

Maak jou besproeiing gereed vir die uitdagings van die somer. Ons het met JH Potgieter, een van ons ervare besproeiingsontwerpers, gesels oor hoe plante se waterbehoeftes verander in die warmer maande — en hoe slim beplanning ’n groot verskil kan maak.

Besproeiing raak ’n bietjie meer uitdagend in die warmer maande. Gelukkig werk ons met die beste van die beste. Ons het met een van ons besproeiingsontwerpers in Caledon, JH Potgieter, gesels oor hoe besproeiingstelsels verskil in die somermaande.

Volgens JH raak ’n plant se waterbehoefte of -gebruik hoër, hoe meer uitdagend of warmer die omgewing raak waarin dit groei. “Dit is die kernwaarheid waarbinne ons ons besproeiingstelsels moet ontwerp, om deur middel van die stelsel die water wat ‘verlore’ gaan teen ’n voldoende tempo weer aan te vul,” verduidelik hy.

Plante absorbeer water vanuit die grondprofiel en verloor dit weer deur hul huidmondjies via die proses van transpirasie. “Slegs sowat 10% of minder van die water wat ’n plant opneem, word in die plantweefsel behou. Byna alles gaan verlore om die plant af te koel,” sê JH.

Hy verduidelik dat die tempo van transpirasie hoog is wanneer verdamping normaalweg hoog is — dus onder droë, warm, winderige toestande. Dit is laer onder koel, vogtige toestande. “Die hoeveelheid water wat opgeneem en deur transpirasie verloor word, bepaal dus die waterbehoefte van die plant,” sê JH.

Hy voeg by dat die werklike waterbehoefte egter nie net deur die heersende weerstoestande bepaal word nie, maar ook deur die tipe, ouderdom, gesondheid en voedingstatus van die plant — asook die oop- en toemaak van die huidmondjies, soos hulle op lig en watertekorte binne die plant self reageer.

Die tempo waarteen waterverdamping plaasvind hang af van:

  • Humiditeit
  • Temperatuur
  • Straling
  • Lugbeweging
  • Hoogte bo seespieël

VERWANTE PLASINGS

All
Nuus
Besproeiingsoplossings - appelboord - Hemel en Aarde -vallei

Besproeiingsoplossings – appelboord

Sluit aan by ons besproeiings ontwerper, JH Potgieter, terwy...

Maandelikse wolmarkoorsig – Cape Wools SA

Verskeie faktore sal in 2019 ’n rol speel: Teen die einde va...

Bekendstelling van Deutz Fahr se Agrofarm G115

Vandeesmaand stel ons u aan die Deutz Fahr Agrofarm G115-tre...
1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 WYS MEER

Overberg Agri-lojaliteitsprogram

Ná oorlegpleging tussen Overberg Agri se Direksie en bestuur...
Koffie Tyd - Vlakkenheuwel Boerdery

Koffie Tyd – Vlakkenheuwel Boerdery

Welkom by ons volgende episode van Koffie Tyd. Ons kykers is...

Persverklaring

Gesamentlike verklaring deur die Departement van Landbou, Bo...
1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 WYS MEER
All
Nuus
Goeie oes in 2020 verwag: Ons gesels met Johan Lusse - hoofbestuurder van graan en graandienste

Goeie oes in 2020 verwag: Ons gesels met Johan Lusse – hoofbestuurder van graan en graandienste

Graanproduskie is, benewens vee en ander vertakkings van boe...

Wintergraan planttyd

Equalizer, meeste van ons het al die naam gehoor en die masj...
1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 32 33 WYS MEER
Merry Christmas - Overberg Agri

Geseënde Kersfees!

Beste Overberg Agri-kliënte 2020 was op verskillende terrein...
Harvest update for 2021 Oesopdatering vir 2021

Oesopdatering vir 2021 – Johan Lusse

Ons het ‘n oomblik geneem om met Johan Lusse, Uitvoere...
1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 32 33 WYS MEER