Pas Jou Besproeiing Aan vir Somersukses

25 November 2022 | Besproeing

Maak jou besproeiing gereed vir die uitdagings van die somer. Ons het met JH Potgieter, een van ons ervare besproeiingsontwerpers, gesels oor hoe plante se waterbehoeftes verander in die warmer maande — en hoe slim beplanning ’n groot verskil kan maak.

Besproeiing raak ’n bietjie meer uitdagend in die warmer maande. Gelukkig werk ons met die beste van die beste. Ons het met een van ons besproeiingsontwerpers in Caledon, JH Potgieter, gesels oor hoe besproeiingstelsels verskil in die somermaande.

Volgens JH raak ’n plant se waterbehoefte of -gebruik hoër, hoe meer uitdagend of warmer die omgewing raak waarin dit groei. “Dit is die kernwaarheid waarbinne ons ons besproeiingstelsels moet ontwerp, om deur middel van die stelsel die water wat ‘verlore’ gaan teen ’n voldoende tempo weer aan te vul,” verduidelik hy.

Plante absorbeer water vanuit die grondprofiel en verloor dit weer deur hul huidmondjies via die proses van transpirasie. “Slegs sowat 10% of minder van die water wat ’n plant opneem, word in die plantweefsel behou. Byna alles gaan verlore om die plant af te koel,” sê JH.

Hy verduidelik dat die tempo van transpirasie hoog is wanneer verdamping normaalweg hoog is — dus onder droë, warm, winderige toestande. Dit is laer onder koel, vogtige toestande. “Die hoeveelheid water wat opgeneem en deur transpirasie verloor word, bepaal dus die waterbehoefte van die plant,” sê JH.

Hy voeg by dat die werklike waterbehoefte egter nie net deur die heersende weerstoestande bepaal word nie, maar ook deur die tipe, ouderdom, gesondheid en voedingstatus van die plant — asook die oop- en toemaak van die huidmondjies, soos hulle op lig en watertekorte binne die plant self reageer.

Die tempo waarteen waterverdamping plaasvind hang af van:

  • Humiditeit
  • Temperatuur
  • Straling
  • Lugbeweging
  • Hoogte bo seespieël

VERWANTE PLASINGS

All
Nuus

Equalizer fabriekstoer – 17 Maart 2022

Op 17 Maart 2022 het Ray Rademan, heelgoedere bemarker van O...

Vrouemaand-fokus: Ontmoet Elnora du Toit – een van die inspirerende vroueboere in die Overberg-streek.

Ons stel julle vandag bekend aan Elnora du Toit, een van die...
verster koffie tyd remhoogte

Koffie Tyd – Vandag reis ons na Remhoogte Wynlandgoed saam met Ian Verster

Vandag reis ons na Remhoogte Wynlandgoed saam met Ian Verste...
1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 WYS MEER

Inligtingsdae – videos

Macdon M155 Selfaangedrewe platsnyer

Hoe verbeter ’n mens ’n masjien wat die toon aangee vir spoe...
Koffie Tyd promo - Roodebloem - Koffie Tyd

Koffie Tyd (Roodebloem) – Lokprent

Aangesien Februarie die maand van liefde is, is ons opgewond...
1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 WYS MEER
All
Nuus
Rovic se EVENFLOW®-boordspuit

Innovasie op die gebied van bewaringslandbou – Rovic se EVENFLOW®-boordspuit

Rovic Leers wil die landboubedryf met innoverende, kostedoel...

Maak kennis met George Stevenson – ons agrinet-produkspesialis

Benodig u beskermende nette vir u oeste? In die video hier o...
1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 32 33 WYS MEER

Loer na ons nuutste spesiale aanbiedinge

Die 1ste September beteken lente! Ons het ’n paar lekker pro...

Maak kennis met Ian Verster – Besproeiingsontwerper by Overberg Agri

Het u al met Ian Verster kennis gemaak? Dit is Ian se taak o...
1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 32 33 WYS MEER