Geseënde Kersfees!

10 December 2020 | Nuus

Beste Overberg Agri-kliënte

2020 was op verskillende terreine ’n moeilike jaar, maar deur die genade van God is ons dankbaar dat ons besigheid kon volhard. Ten spyte van al die uitdagings wat ons vanjaar ervaar het, was daar verskeie opmerklike gebeure wat hoop vir ons bedryf aandui.

As gevolg van die beter klimaatstoestande in die Overberg Agri-bedieningsgebied in 2020 sal die Wes-Kaap na verwagting een van die grootste wintergraan‑, gars‑ en kanola‑oeste in die onlangse geskiedenis aankondig. Die huidige pryse is ook op hoër vlakke as gedurende die afgelope paar seisoene, wat na verwagting die ekonomiese groei in die landelike gebiede sal stimuleer. Nadat die Agbiz/IDC‑Agrisakevertroue‑indeks vir landboubesighede boonop noemenswaardig tot 51 punte in kwartaal drie van 2020 herstel het, het dit verder tot 61 punte in kwartaal vier gestyg, die hoogste vlak sedert kwartaal drie van 2014.

Mag ons hierdie feestyd volhard om aan die hoop vas te hou – hoop op ’n beter môre en hoop op ’n voorspoedige 2021. Die tydlose waarheid van die Bybel herinner ons daaraan dat ons hoop nie afhang van die waarborg dat die son more gaan opkom nie, maar van die betroubaarheid van die opgestane seun.

Namens ons uitvoerende span wens ek u en u gesin ’n geseënde Kersfees en ‘n wonderlike nuwe jaar toe, gevul met vreugde, sukses en goeie gesondheid.

Ek sien daarna uit om in 2021 met u saam te werk.

Vriendelike groete

Francois Joubert
Besturende Direkteur: Overberg Agri

VERWANTE PLASINGS

All
Nuus

CLAAS LEXION 8000-6000

Alhoewel daar nie twee oesdae is wat dieselfde verloop nie, ...
Koffie Tyd promo - Roodebloem - Koffie Tyd

Koffie Tyd (Roodebloem) – Lokprent

Aangesien Februarie die maand van liefde is, is ons opgewond...

Overberg Agri – voorplant inligtingsdag program

Overberg Agri nooi u na die jaarlikse Voorplant Inligtingsda...
1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 WYS MEER
Women’s Month Focus – Meet Anna Steytler

Fokus op Vrouemaand – maak kennis met Anna Steytler

Ons loods Vrouemaand deur u bekend te stel aan een van Overb...

Maak kennis met Ian Verster – Besproeiingsontwerper by Overberg Agri

Het u al met Ian Verster kennis gemaak? Dit is Ian se taak o...

Wintergraan planttyd

Equalizer, meeste van ons het al die naam gehoor en die masj...
1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 WYS MEER
All
Nuus

Die beste doeltreffendheid in bespuiting – IMPERADOR 4000

Hierdie Februarie stel ons jou aan die Imperador 4000 bekend...
Marilize du Toit landbou

Marilize du Toit, ‘n vrou in landbou, vertel ons meer oor haar ervaring in die sektor

Hierdie Vroue-maand het ons besluit om met ‘n vroue-boer in ...
1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 32 33 WYS MEER
Creation Wines Overberg Agri

Koffie Tyd – Tian Lourens neem ons op ‘n uitstappie na Creation Wines in die Hemel en Aarde-vallei.

Ons kykers is vandag in vir ‘n groot bederf, want een ...

Roodebloem Boeredag

Ons is bitter opgewonde om jou uit te nooi na ons jaarlikse ...
1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 32 33 WYS MEER