Overberg Agri ondersteun die jeug in landbou

13 June 2022 | Nuus

Hier is ‘n paar graad-10 Hoërskool Overberg-leerders op ‘n Deutz trekker verskaf deur Overberg Agri.

Ons kort ons jongmense betrokke in die landbou nou meer as ooit. Met die land wat Jeugmaand vier, wou ons nie die geleentheid mis om jou ‘n bietjie meer te vertel oor hoe ons werk om die jeug by landbou betrokke te hou deur ons betrokkenheid in die gemeenskap — veral by skole.

Dit is van kardinale belang dat jongmense ‘n verbintenis met die landbousektor het, want die oorgrote meerderheid van hulle — ongeveer 85% — woon in ontwikkelende lande waar landbou waarskynlik hul primêre bron van inkomste sal wees. Jong mense regoor die wêreld is egter blykbaar besig om hul belangstelling in boerdery te verloor.

Volgens ons besturende direkteur, Francois Joubert, raak volhoubare voedselverskaffing elke dag toenemend meer belangrik. “Dit is noodsaaklik dat ons jeug onderrig word om te weet hoe landbou inskakel by hierdie volhoubaarheid,” sê hy.

Joubert voel doelgerigte ontwikkeling in vandag se jeug is bitter belangrik en dat instellings soos die landboudepartment by Hoërskool Overberg ‘n uitstekende werk in hierdie onderrig doen en so ‘n liefde vir landbou by die area se kinders kweek.

“Landbou bied verskeie geleenthede en ons is trots om te kan sien dat daar soveel belangstelling by die leerders by Hoërskool Overberg is — wat die vakke wat aangebied word asook die praktiese aanbiedings soos die tonnels, so positief ondersteun,” sê Joubert.

Hoërskool Overberg se lanboudepartement verseker dat die jeug goed opgelei is vir die landboubedryf deur Landbouwetenskap, Landboutegnologie en Landboubestuur as vakkeuses aan te bied.

Ons hoop om ‘n goeie verhouding met die skole in die Overberg te behou, sodat die jeug suksesvol die landboubedryf kan oorvat!

 

 

VERWANTE PLASINGS

All
Nuus
Goeie oes in 2020 verwag: Ons gesels met Johan Lusse - hoofbestuurder van graan en graandienste

Goeie oes in 2020 verwag: Ons gesels met Johan Lusse – hoofbestuurder van graan en graandienste

Graanproduskie is, benewens vee en ander vertakkings van boe...

Persverklaring

Gesamentlike verklaring deur die Departement van Landbou, Bo...

Roodebloem Boeredag

Ons is bitter opgewonde om jou uit te nooi na ons jaarlikse ...
1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 WYS MEER
Agrinet oplossings – bloubessies

Agrinet oplossings – bloubessies

Sluit aan by ons spesialis in landbouprodukte, George Steven...
Overberg Agri ondersteun die jeug in landbou

Overberg Agri ondersteun die jeug in landbou

Hier is ‘n paar graad-10 Hoërskool Overberg-leerders op ‘n D...

Overberg Agri Kersboodskap

Geagte Overberg Agri-kliënte Namate ons die einde van 2019 n...
1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 WYS MEER
All
Nuus

Maak kennis met JH Potgieter – Besproeiingsontwerper by Overberg Agri

Sluit by ons aan terwyl ons ’n onlangse besproeiingsprojek, ...
Rovic se EVENFLOW®-boordspuit

Innovasie op die gebied van bewaringslandbou – Rovic se EVENFLOW®-boordspuit

Rovic Leers wil die landboubedryf met innoverende, kostedoel...
1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 32 33 WYS MEER

Overberg Agri-lojaliteitsprogram

Ná oorlegpleging tussen Overberg Agri se Direksie en bestuur...

Jongmense het ‘n plek in die landboubedryf

Ruben Badenhorst, een van ons landbou-adviseurs, glo dat ‘n ...
1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 32 33 WYS MEER