Goeie oes in 2020 verwag: Ons gesels met Johan Lusse – hoofbestuurder van graan en graandienste

23 October 2020 | Nuus

Graanproduskie is, benewens vee en ander vertakkings van boerdery, die hoofslagaar vir die meeste produsente in die Overberg Agri bedieningsgebied. Goeie graanopbrengste sal dus die volhoubaarheid van ons graanprodusente verseker, maar die afhanklikheid van verskeie produksiefaktore bly ‘n werklikheid, waarvan goeie en verspreide reënval regdeur die seisoen die belangrikste faktor is.

Binne die Overberg Agri bedieningsgebied, vanaf die Suid-Kaap tot in die Swartland, is daar gedurende 2020 beter klimaatstoestande as 2019 ondervind. Figuur 1 en 2 dui die maandelikse reënval syfers aan vir die twee streke. In die Suid-Kaap het die bo-gemiddelde reënval gedurende Januarie veroorsaak dat daar beter vog vroeg in die plantseisoen (einde April en Mei) beskikbaar was, teenoor die Swartland wat eers later kon plant weens die droë toestande gedurende Februarie en Maart.

Figuur 1

Figuur 2

Reënval vir 2020 vanaf Januarie tot September is gelyk aan tot bo die langtermyn gemiddeld (Figuur 3 & 4). Reënval in die groeiseisoen (April tot September) was bo-gemiddeld vir die Suid-Kaap en effe onder gemiddeld vir die Swartland. Hierdie goeie vogtoestande het verseker dat goeie vestiging van aanplantings ondervind kon word is, wat die fondasie lê vir ’n goeie potensiële oes.

Om goeie opbrengste te behaal moet daar genoeg plante/m2 wees, wat uiteindelik die aantal are/m2 bepaal. Die aantal are/m2 bepaal die aantal korrels/m2 en die korrels se gewig bepaal uiteindelik die opbrengs per hektaar. Die laat reën in Oktober het, veral in die Suid-Kaap, opbrengste positief beïnvloed asook produksie van weidings bevoordeel. LT verwys na die langtermyn (20 jr) gemiddelde reënval.

Figuur 3

Figuur 4

Graangewasse

Met die heersende gunstige klimaatstoestande, is die oesvooruitsigte bo-gemiddeld in die Suid-Kaap en gemiddeld tot bo-gemiddeld in die Swartland. Oes-aktiwiteite het die week van 12 Oktober afgeskop en verwag ons dat produsente binne die volgende twee weke wel volstoom gaan oes.

Weidings- en voergewasse

Die gunstige klimaatstoestande was ook gunstig vir weidings en voere en natuurlik vir die vee wat dit kan benut.

Graanpryse

Figuur 5 illustreer die Safex Desember Koringprys vir koring oor tyd. Die produsenteprys vir gars en koring word afgelei van hierdie prys, met die produsenteprys ongeveer R700/ton minder as die Safex Desember Koringprys. Die huidige pryse van koring en gars is gemiddeld R400/ton beter as in 2019, terwyl hawer ongeveer R500/ton en canola ongeveer R1000/ton beter is as die vorige seisoen. Dit het ‘n positiewe effek op boerderywinsgewendheid en ook ‘n positiewe invloed op Overberg Agri se besigheid en ons plattelandse ekonomie.

Figuur 5

Figuur 6

Kontantgewas aanplantings en graanontvangste

Onderstaande figuur dui die hektare aan van verskillende gewasse wat in die Overberg Agri bedieningsgebied in die Suid-Kaap aangeplant word. Daar is ‘n sterk moontlikheid dat gars hektare aansienlik kan daal in 2020 weens die vermindering in die garsbehoefte vir broudoeleindes. Die rede hiervoor is dat daar surplus gars beskikbaar is as gevolg van minder bierverkope gedurende die Covid pandemie.

Figuur 7

Oesskattings ten opsigte van canola toon aan dat Overberg Agri net 40% van die canola tonne hanteer, aangesien die res direk by Soill se silo’s gelewer word.

Gebasseer op ‘n konserwatiewe oesskatting, is die verwagte oes vir 2020, een van die grootste oeste in Overberg Agri se geskiedenis. Die vorige grootste oes is in 2016 ingeneem.

Figuur 8

Die Produkte span sien daarna uit om die oes te ontvang en wens ook die res van ons kollegas, in Overberg Agri, sterkte toe met die oestyd wat voorlê en ook met laaste twee maande tot die einde van die jaar.

 

VERWANTE PLASINGS

All
Nuus

Roodebloem Dierehanteringsfasiliteit

Roodebloem Dierehanteringsfasiliteit Doelgerigte skaaphanter...
Rovic se EVENFLOW®-boordspuit

Innovasie op die gebied van bewaringslandbou – Rovic se EVENFLOW®-boordspuit

Rovic Leers wil die landboubedryf met innoverende, kostedoel...
Solar irrigation design - Swartland

Solar besproeiingsontwerp – Swartland

Kom kuier saam met ons in die Wes-Kaap se beeldskone Swartla...
1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 WYS MEER

Maak kennis met Ian Verster – Besproeiingsontwerper by Overberg Agri

Het u al met Ian Verster kennis gemaak? Dit is Ian se taak o...
episode van 'Koffie Tyd'.

Welkom by ons eerste episode van ‘Koffie Tyd’.

Welkom by ons eerste episode van ‘Koffie Tyd’. S...
Landbouadvies van Overberg se Boerepa's - Jan Fick

Landbouadvies van Overberg se Boerepa’s – Jan Fick

Met Vadersdag om die draai het ons dit goed gedink om met ‘n...
1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 WYS MEER
All
Nuus
Agrinet oplossings – bloubessies

Agrinet oplossings – bloubessies

Sluit aan by ons spesialis in landbouprodukte, George Steven...
verster koffie tyd remhoogte

Koffie Tyd – Vandag reis ons na Remhoogte Wynlandgoed saam met Ian Verster

Vandag reis ons na Remhoogte Wynlandgoed saam met Ian Verste...
1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 32 33 WYS MEER
Women’s Month Focus – Meet Anna Steytler

Fokus op Vrouemaand – maak kennis met Anna Steytler

Ons loods Vrouemaand deur u bekend te stel aan een van Overb...
episode van 'Koffie Tyd'.

Welkom by ons eerste episode van ‘Koffie Tyd’.

Welkom by ons eerste episode van ‘Koffie Tyd’. S...
1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 32 33 WYS MEER