Vrouemaand-fokus: Ontmoet Elnora du Toit – een van die inspirerende vroueboere in die Overberg-streek.

18 August 2021 | Nuus

Ons stel julle vandag bekend aan Elnora du Toit, een van die voorste vroueboere in die Overberg-streek. Elnora boer al meer as 10 jaar saam met haar pa. Saam bedryf hulle ‘n gemengde boerdery wat uit vee en graan bestaan. Ons het ‘n tydjie afgestaan om met Elnora te gesels oor haar boerderyreis.

Elnora, dankie dat jy tyd gemaak het om vandag met ons te gesels. Vertel ons ‘n bietjie meer omtrent jou landboubesigheid.

Ek is bevoorreg om al vir 10 jaar saam met my pa te boer in die pragtige Overberg-omgewing. Ons bedryf ’n gemengde boerdery wat bestaan uit ’n vee- en graangedeelte. Die veegedeelte bestaan hoofsaaklik uit Dohne Merino-skape en ’n paar Angus-vleisbeeste wat die onbewerkbare grond benut. ’n Wisselboustelsel word op die graangedeelte met koring, gars, hawer, kanola en lusern toegepas.

Vertel ons ʼn bietjie oor hoe jy by die boerdery betrokke geraak het.

Ek en my broer was bevoorreg om op die plaas groot te word en deel te wees van die boerdery. Ons het op die trekkers en kaalvoet in die kraal gespeel en so het die liefde vir landbou in my ontwikkel en oor die jare saam met my gegroei en ʼn al groter rol in my lewe begin speel.

Waarvan hou jy die meeste omtrent boerdery?

Dit is vir my heerlik om buite in die natuur te wees en met gewasse en diere te kan werk. Elke jaar bied ’n nuwe uitdaging en ek het gou geleer dat jy moet kan aanpas en op jou voete moet kan dink – vanjaar se planttyd is weereens ‘n goeie voorbeeld daarvan. Wat is dan nou lekkerder as ‘n lamtyd om net weer herinner te word aan die natuur se wonders! Die boerdery hou jou nederig en laat jou daagliks besef hoe afhanklik jy is van jou Hemelse Vader.

Het jy as kind daarvan gedroom om by die landbou betrokke te raak? Of het jy ‘n ander loopbaan in gedagte gehad?

Ek was gelukkig om al voor skool presies te weet wat ek wou doen vir die res van my lewe. Dit het dit vir my maklik gemaak om die regte vakkeuse te maak, asook watter kursus ek aan die Universiteit Stellenbosch (BSc Veekunde met agronomie) wou swot om so ’n treetjie nader aan my droom te kom. Ek is baie dankbaar vir die ondersteuning van my ouers in my keuse en vir die geleentheid om ná universiteit te kom boer en my passie uit te leef.

Wat doen jy graag as jy nie besig is om hard te werk nie?

Naweke geniet ek dit om tyd saam met my gesin en honde op die plaas deur te bring. Ek hou ook van draf en om aktief te wees en geniet dit baie om te reis.

Wie is jou grootste motivering/inspirasie?

My pa is my inspirasie. Hy is die een wat die liefde vir landbou by my gekweek het en ook geleer het om ‘n goeie balans te handhaaf tussen harde werk en gesinstyd. Nou dat ek my eie dogter het, motiveer sy my weer om volhoubaar te boer vir die nageslag deur die grond wat aan ons geleen is tot die beste van my vermoë te bestuur en te bewaar vir die volgende geslag.

Het jy enige bemoedigende woorde vir jong vroue wat eendag by die landbou betrokke wil raak?

As landbou in jou bloed is, moenie dat iets jou daarvan weerhou om jou passie na te streef nie! Wees bereid om hard te werk en opofferings te maak, maar wees ook verseker daarvan dat jy deur geloof en vertoue met baie vreugde die vrugte daarvan sal pluk.

 

VERWANTE PLASINGS

All
Nuus
Harvest update for 2021 Oesopdatering vir 2021

Oesopdatering vir 2021 – Johan Lusse

Ons het ‘n oomblik geneem om met Johan Lusse, Uitvoere...

Persverklaring

Gesamentlike verklaring deur die Departement van Landbou, Bo...

Wintergraan planttyd

Equalizer, meeste van ons het al die naam gehoor en die masj...
1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 WYS MEER
Koffie Tyd Remhoogte

Koffie Tyd (Remhoogte) – Lokprent

Hallo almal. Skakel later vandeesmaand in vir ons volgende e...

CLAAS LEXION 8000-6000

Alhoewel daar nie twee oesdae is wat dieselfde verloop nie, ...

Herkouersdag – 18 Augustus 2022

Overberg Agri nooi u na die Herkouersdag op Donderdag, 18 Au...
1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 WYS MEER
All
Nuus
Besproeiingsontwerp - Framboosboord

Besproeiingsontwerp – Framboosboord

Ons het jou onlangs voorgestel aan Ian Verster – een v...

Die 6 C’s van Kuilvoerbewaring

Topgehalte mieliekuilvoer is noodsaaklik vir winsgewende vee...
1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 32 WYS MEER
Creation Wines Overberg Agri

Koffie Tyd – Tian Lourens neem ons op ‘n uitstappie na Creation Wines in die Hemel en Aarde-vallei.

Ons kykers is vandag in vir ‘n groot bederf, want een ...
Harvest update for 2021 Oesopdatering vir 2021

Oesopdatering vir 2021 – Johan Lusse

Ons het ‘n oomblik geneem om met Johan Lusse, Uitvoere...
1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 32 WYS MEER