Korporatiewe Maatskaplike Belegging

Die doel van ons korporatiewe maatskaplike beleggingsinisiatiewe is om ‘n volhoubare impak te hê in die gemeenskappe waarin ons werk. Ons moedig ons afdelings aktief aan om ‘n betekenisvolle transformasierol binne hul gemeenskappe te speel.

Ons verbintenis tot sosio-ekonomiese transformasie word gerealiseer deur die Overberg Agri Ontwikkelingstrust en Woza Phambili, wat betekenisvolle en volhoubare beleggings tot voordeel van plaaslike gemeenskappe maak.

Ons afdelings fonds en / of bedryf verskeie korporatiewe maatskaplike beleggingsprojekte wat onder andere insluit:

    • Overberg Agri dra jaarliks by tot plaaslike landbougemeenskappe en nasionale landbou en besigheidsorganisasies deur borgskappe, donasies en die voorsiening van fasiliteite. Een van die mees aktuele onderwerpe is die bemagtiging van opkomende boere.
    • Ons het ondersteuningsprogramme ontwikkel om swart opkomende landbouers te help om sosiale, ekonomiese en tegnologiese uitdagings te oorkom. Swart landbouers het toegang tot tegniese ondersteuning en advies oor finansiele bestuur deur opgeleide personeel van Overberg Agri. Ons fasiliteer ook die vestiging van studiegroepe en ‘n leerlingskapprogram. Die Leerlingskapprogram, gefasiliteer deur Bathopele, help lede van die Genadendal-gemeenskap in die verkryging van nasionale sertifikate vir gemengde boerdery.