Claas Axion 850 – in ’n klas van sy eie

5 November 2019 | News, Nuus

As een van die toonaangewende vervaardigers van landboumasjinerie is CLAAS uniek geplaas om te verstaan wat werklik vir die boeregemeenskap saak maak. Uitsonderlike veelsydigheid, die grootste moontlike gerief, intelligente tegnologie en bowenal waarde vir geld – dit is die faktore wat tel. Propvol krag.

Met ’n maksimum enjinvermoë van 233 pk1, tot 35 pk reserwekrag en enorme hefvermoë, bied die AXION 800 die ideale basis vir ’n wye reeks toepassings. Wat ook al die toepassing, die intelligente enjinbeheerstelsel verseker dat die brandstofverbruik laag bly. Gereed om te gaan. Die intuïtiewe, ergonomiese kontroles op die AXION 800 laat jou nie rondtas nie.

Bestuurders vind hul weg van meet af. Die funksies is almal logies gerangskik en word met buitengewone gemak gekombineer, wat die bestuurder in staat stel om te ontspan, selfs tydens lang werksdae. ’n Harde werker. Al die komponente en stelsels op die AXION 800 is ontwerp vir uitstekende betroubaarheid en ’n lang gebruikslewe. Dit sal jou nie in die steek laat nie.

Gebruik die trekkrag wat in die AXION 800 ingebou is:

  • Agterasbande tot 2,05 m in deursnee;
  • Tot 400 kg wielgewigte per agterwiel;
  • Flensas van 2,5 en stelbare as van 3 m;
  • Hoë ondersteldoeltreffendheid met versigtige aanpassing van transmissie en agteras;
  • Goeie gewigsverdeling en ’n lang wielbasis;
  • Voorste gewig tot 900 kg x-faktor.

Maak jou padrit en onderhoudsbedrywighede meer ekonomies:

  • Hoë transmissiedoeltreffendheid;
  • Lae brandstofverbruik, selfs met gedeeltelike laste;
  • Hoë bestuursgerief;
  • Verlaagde enjinsnelheid teen 40 en 50 km/u.

Lees gerus die volledige brosjure hier.

Kontak Horton Griffiths:

E-pos: hortong@overbergagri.co.za
Tel: 028 214 3821
Sel: 082 388 0040

RELATED POSTS

All
News
Tiger VML 240 Mixer

Voermenger: Bekendstelling van Seko se Tiger VML 240 (met direkte uitlaat)

Danksy vyf-en-veertig jaar se ervaring op die gebied van lan...

Maak kennis met Ian Verster – Besproeiingsontwerper by Overberg Agri

Het u al met Ian Verster kennis gemaak? Dit is Ian se taak o...

Bulk & Blêr Herkouersdag Swartland 2026

Bulk & Blêr Herkouersdag Swartland 2026 Praktiese insig...
1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 SHOW MORE

Fokus op Limagrain seKKS 8410-Platform: ’n Wenkeuse vir Kuilvoer produsente

Vir enige boer wat ernstig is oor kuilvoer produksie, is die...

Overberg Agri-lojaliteitsprogram

Ná oorlegpleging tussen Overberg Agri se Direksie en bestuur...

Roodebloem Dierehanteringsfasiliteit

Roodebloem Dierehanteringsfasiliteit Doelgerigte skaaphanter...
1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 SHOW MORE
All
News

Kom geniet Herkouersdag 2025 – ’n Dag vir Herkouerboere by Roodebloem

Merk jou kalender vir een van die mees verwagte geleenthede ...
1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 SHOW MORE

Maak kennis met George Stevenson – ons agrinet-produkspesialis

Benodig u beskermende nette vir u oeste? In die video hier o...

Herkouersdag 2025 – Swartland Bulk & Blêr: ’n Dag van Insig en Verbintenis

On 25 June 2025, the Hopefield Sports Club became the meetin...
1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 SHOW MORE