Kom sluit aan by ons lang verwagte jaarlikse geleentheid – die Roodebloem Boeredag!

19 August 2019 | Nuus

Overberg Agri se jaarlikse Boeredag word op Donderdag 29 Augustus op ons proefplaas Roodebloem gehou. Die proefplaas is op die N2-snelweg, ongeveer 11 km oos van Caledon, geleë.

Die politieke kommentator en joernalis, Max du Preez, is die dag se spreker. Hy is ’n genoot in toegepaste leierskapswaardes aan die Universiteit van Fort Hare en ’n ere-navorsingsgenoot by die Sentrum vir Film- en Mediastudies aan die Universiteit van Kaapstad. Hy is in 2006 met die gesogte titel “Yale Globalist International Journalist of the Year” bekroon.

Du Preez is ook die ontvanger in 2008 van die SA Nasionale Redakteursforum en Print Media SA se gesogte Nat Nakasa-toekenning vir integriteit en moed in die joernalistiek.

Benewens Du Preez se aanbieding sorg die program vir implemente- en gewasdemonstrasies, sowel as insigte in die mees onlangse navorsingsprojekte wat die span van Overberg Agri op Roodebloem onderneem.

Die Boeredag gaan vir seker ’n wonderlike geleentheid wees! Ons hoop om u daar te sien. Om te RSVP, stuur asseblief ’n e-pos aan Michael Gregory by michaelg@overbergagri.co.za

VERWANTE PLASINGS

All
Nuus
Besproeiingsontwerp - Framboosboord

Besproeiingsontwerp – Framboosboord

Ons het jou onlangs voorgestel aan Ian Verster – een v...

Loer na ons nuutste spesiale aanbiedinge

Die 1ste September beteken lente! Ons het ’n paar lekker pro...

Die Eerste Herkouersdag deur Overberg Agri aangebied

Overberg Agri bied reeds baie jare die Voorplant Inligtingsd...
1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 WYS MEER

Met trots kondig ons aan dat Kempston Agri nou ook die invoerder van Deutz-Fahr trekkers in Suid Afrika is

Skakel Overberg Agri Meganisasie vir enige navrae by onderst...

Jongmense het ‘n plek in die landboubedryf

Ruben Badenhorst, een van ons landbou-adviseurs, glo dat ‘n ...

TENDERGELEENTHEID: Overberg Agri Bates te Koop

Overberg Agri nooi hiermee geslote tenders in vir die aankoo...
1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 WYS MEER
All
Nuus

Macdon M155 Selfaangedrewe platsnyer

Hoe verbeter ’n mens ’n masjien wat die toon aangee vir spoe...

Gemeenskapsveiligheidsprojek

NEEM DEEL AAN ONS GEMEENSKAPSVEILIGHEIDSPROJEK Die Overberg ...
1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 32 33 WYS MEER

Overberg Agri is nou op Facebook

Ons het by Facebook aangesluit! Ons sien uit daarna om via o...
Rovic se EVENFLOW®-boordspuit

Innovasie op die gebied van bewaringslandbou – Rovic se EVENFLOW®-boordspuit

Rovic Leers wil die landboubedryf met innoverende, kostedoel...
1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 32 33 WYS MEER