Kom sluit aan by ons lang verwagte jaarlikse geleentheid – die Roodebloem Boeredag!

19 August 2019 | Nuus

Overberg Agri se jaarlikse Boeredag word op Donderdag 29 Augustus op ons proefplaas Roodebloem gehou. Die proefplaas is op die N2-snelweg, ongeveer 11 km oos van Caledon, geleë.

Die politieke kommentator en joernalis, Max du Preez, is die dag se spreker. Hy is ’n genoot in toegepaste leierskapswaardes aan die Universiteit van Fort Hare en ’n ere-navorsingsgenoot by die Sentrum vir Film- en Mediastudies aan die Universiteit van Kaapstad. Hy is in 2006 met die gesogte titel “Yale Globalist International Journalist of the Year” bekroon.

Du Preez is ook die ontvanger in 2008 van die SA Nasionale Redakteursforum en Print Media SA se gesogte Nat Nakasa-toekenning vir integriteit en moed in die joernalistiek.

Benewens Du Preez se aanbieding sorg die program vir implemente- en gewasdemonstrasies, sowel as insigte in die mees onlangse navorsingsprojekte wat die span van Overberg Agri op Roodebloem onderneem.

Die Boeredag gaan vir seker ’n wonderlike geleentheid wees! Ons hoop om u daar te sien. Om te RSVP, stuur asseblief ’n e-pos aan Michael Gregory by michaelg@overbergagri.co.za

VERWANTE PLASINGS

All
Nuus
Agrinet oplossings – kersieboord

Agrinet oplossings – kersieboord

Vandag spog ons so ’n bietjie met ’n netinstallasie wat ons ...

Vrouemaand-fokus: Ontmoet Elnora du Toit – een van die inspirerende vroueboere in die Overberg-streek.

Ons stel julle vandag bekend aan Elnora du Toit, een van die...
Tiger VML 240 Mixer

Voermenger: Bekendstelling van Seko se Tiger VML 240 (met direkte uitlaat)

Danksy vyf-en-veertig jaar se ervaring op die gebied van lan...
1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 WYS MEER

PIENK GRAANSAKKE. ’N GROTER DOEL.

  Wanneer die oes pienk kleur, is daar ‘n groter ...

Overberg Agri is nou op Facebook

Ons het by Facebook aangesluit! Ons sien uit daarna om via o...

Vrouemaand-fokus: Ontmoet Elnora du Toit – een van die inspirerende vroueboere in die Overberg-streek.

Ons stel julle vandag bekend aan Elnora du Toit, een van die...
1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 WYS MEER
All
Nuus

Krag, Presisie en Praktiese Waarde: Hoekom die CLAAS JAGUAR 800-reeks sin maak vir Kuilvoerprodusente

In moderne kuilvoerproduksie gaan dit nie net oor opbrengs n...
1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 32 33 WYS MEER
KOFFIE TYD - CREATION WINES

KOFFIE TYD (CREATION WINES) – LOKPRENT

Maak seker om by ons aan te sluit vir ons volgende episode v...

Geseënde Kersfees!

Beste Overberg Agri-kliënte Namate ons die einde van 2021 na...
1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 32 33 WYS MEER