Macdon M155 Selfaangedrewe platsnyer

7 October 2019 | Nuus

Hoe verbeter ’n mens ’n masjien wat die toon aangee vir spoed en produktiwiteit in die bedryf? Jy doen dit deur die grense selfs verder te versit, soos om elke model meer perdekrag te gee, operateurs ’n gemakliker rit te bied met ’n splinternuwe veringstelsel, en werkverrigting op die landery ’n hupstoot te gee met beter snykopbeheer.

Watter voordele bied die MacDon M155 selfaangedrewe platsnyer?

Kragtiger met Cummins

Platsnyers in die M-reeks het aansienlik meer perdekrag noudat elkeen met ’n Cummins-enjin spog. Sowel die M155 as M105 het boonop meer oemf danksy hulle eie nuwe Cummins-vlak 3-enjins.

Ongeëwenaarde gewasvryruimte

Die raam van die M-reeks bied ’n wye wielstand en ’n onversperde, ongeëwenaarde ondervryruimte van 45,7″ (1 160 mm) om bosagtige gewasse te sny.

Vinniger op die landery, vinniger tussen landerye én vinniger tuis

MacDon se gepatenteerde Dual Direction®-tegnologie (model M205 en M155) laat jou binne sekondes na padmodus oorskakel om snelhede van tot 23 MPH (37 km/h) te bereik. Boonop is dit nie nodig om die snykop te ontkoppel en platbak te vervoer nie, wat selfs méér tyd en arbeid spaar wanneer jy tussen landerye beweeg. (Padbreedtebeperkings kan egter ’n uitdaging vir groter snykoppe inhou.)

Nuwe Ultra Glide™-veringstelsel

Tog is die M-reeks nie net bultende spiere nie; dit het ook ’n sagter kant danksy MacDon se nuwe Ultra Glide™-kajuitveringstelsel. Hierdie pasgemaakte onafhanklike vierhoekveringstelsel stabiliseer die kajuit en keer dat dit saam met die res van die masjien “rol en sny”, en verseker sodoende die egaligste rit wat jy waarskynlik ooit op ’n platsnyer sal beleef.

Maklike ontkoppeling vanuit die kajuit

Met MacDon se hidrouliese omkeerder (opsioneel vir M205- en M155-platsnyers) kan die operateur die snyer-en-kneuser en ander groot snykoponderdele op wurm- (awegaar-) en vervoerbandtafels in ’n japtrap ontkoppel sonder om die kajuit te verlaat.

Gerekenariseerde snybeheer met Harvest Manager Pro

Platsnyers in die M-reeks kom met ’n ten volle gerekenariseerde monitering- en snykopbeheerstelsel wat die operateur intydse lesings van snykopwerkverrigting en ander noodsaaklike inligting bied. Operateurs geniet ook maklike, intuïtiewe vingerpuntbeheer oor alle snykopfunksies, waaronder MacDon se uiters gewilde funksie “return-to-cut”, waarmee die operateur die snykop na presies dieselfde posisie kan laat terugkeer nadat dit gelig is.

Nuwe, verbeterde luginlaat-en-uitlaatstelsel

Om vir die groter enjin voorsiening te maak, spog die M205 en M155 met ’n algeheel herontwerpte luginlaat-en-uitlaatstelsel, waarvoor die platsnyer se bakwerk en kap ook aangepas is om beter lugvloei in die enjin moontlik te maak. Om met dié verbeteringe tred te hou, is die lugfilter boonop vergroot, wat die byvoordeel bied van langer tydintervalle tussen versienings.

Stel jy daarin belang om ’n MacDon M155 selfaangedrewe platsnyer aan te skaf?

Kontak Horton Griffiths by:

E-pos: hortong@overbergagri.co.za
Tel: 028 214 3821
Sel: 082 388 0040

 

VERWANTE PLASINGS

All
Nuus
Besproeiingsontwerp - Framboosboord

Besproeiingsontwerp – Framboosboord

Ons het jou onlangs voorgestel aan Ian Verster – een v...

Jongmense het ‘n plek in die landboubedryf

Ruben Badenhorst, een van ons landbou-adviseurs, glo dat ‘n ...
Petru du Plessis vertel meer oor die gebruik van netstrukture en bye in die steenvrugbedryf

Petru du Plessis vertel meer oor die gebruik van netstrukture en bye in die steenvrugbedryf

Petru du Plessis is ‘n pruimprodusent net buite Stellenbosch...
1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 WYS MEER
Women’s Month Focus – Meet Anna Steytler

Fokus op Vrouemaand – maak kennis met Anna Steytler

Ons loods Vrouemaand deur u bekend te stel aan een van Overb...

Geseënde Kersfees!

Beste Overberg Agri-kliënte Namate ons die einde van 2021 na...

NAMPO Oesdag 2019

NAMPO Oesdag is die grootste privaat georganiseerde landboug...
1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 WYS MEER
All
Nuus

AMAZONE ZA-TS- monteerbare kunsmisstrooiers

Die hoë‑uitsetstrooiers van AMAZONE is noukeurig, vinnig en ...
Women’s Month Focus – Meet Anna Steytler

Fokus op Vrouemaand – maak kennis met Anna Steytler

Ons loods Vrouemaand deur u bekend te stel aan een van Overb...
1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 32 33 WYS MEER

Reënval verslag

Reënval is sekerlik die belangrikste natuurlike faktor wanne...

Herkouersdag – 18 Augustus 2022

Overberg Agri nooi u na die Herkouersdag op Donderdag, 18 Au...
1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 32 33 WYS MEER