Die beste doeltreffendheid in bespuiting – IMPERADOR 4000

19 February 2020 | Nuus

Hierdie Februarie stel ons jou aan die Imperador 4000 bekend. Dié uitstekende bespuitingsdoeltreffendheid wat Stara bied, is aan nuwe tegnologie met verhoogde aanwendingsgehalte te danke.

Belangrikste kenmerke

Die nuwe model is modern, stewig en onverskrokke, wat akkurater aanwending, groter bespuitingspresisie, en meer besparings beloof.

  • Die Imperador‑lyn is die enigste een in die wêreld met sentrale kraanarms – Dit beteken groter aanwendingstabiliteit, wat soveel as 58% meer chemikalieë by die teiken verseker.
  • Dubbelry‑spuitstelsel – Dit voorsien ’n groter werkspoedkruin, wat die bedryfsdoeltreffendheid verhoog.
  • Spuitstuk‑vir-spuitstuk-beheerstelsel – Die individuele spuitstukbeheerstelsel voer die outomatiese spuitstukafsluiting via die Topper 5500 uit sodra ’n gebied klaar behandel is, wat ’n effektiewe aanwending met groter besparings op chemikalieë bied.
  • Deurlopende hersirkuleerstelsel – Die eksklusiewe deurlopende hersirkuleerstelsel is ’n verdere innovasie in die nuwe Imperador‑lyn. Hierdie stelsel hou die chemikalieë voortdurend in sirkulasie in die kraanarmpype en ‑tenk, wat die volgende bied: Homogeniteit en spesifieke defensiewe konsentrasies.
  • Die 4-wiel-stuurstelsel gebruik slimtegnologie – Die 4-wiel-stuurstelsel met slimtegnologie en die outomatiese stuurterugvoer wat 42% kleiner draairadiusse as die tradisionele stelsels verseker, beteken snel stuurvermoë en verminderde oesskade.
  • Op & Af‑ hidrouliese hysstelsel – Die pulswydtemodulasie- (PWM-)klep en die ladingsensorpomp stel die hidrouliese stelsel in staat om te bereken hoeveel olie benodig word om die aktiwiteite uit te voer, hoofsaaklik die vloei in die spuitpomp. Met hierdie kontrole is daar gemiddeld plus 8 pk, wat ’n brandstofbesparing van tot 2,5% lewer.
  • Bloustraalwerklig word op die kraanarms gerig – Die Imperadors beskik oor bloustraalligte wat op die kraanarms gerig is. Dit verseker wye sigbaarheid in die nag en beter werkstoestande vir die operateur. Dit voorkom ook onderbrekings, wat beteken aanwendingsdoeltreffendheid is gewaarborg.
  • Die kajuit is die gerieflikste in sy kategorie – Met hope ruimte bied die kajuit uitstekende omgewingsuitsig.

Kontak Horton Griffiths vir meer inligting:

E‑pos: hortong@overbergagri.co.za
Tel: 028 214 3821
Sel: 082 388 0040

So nie, lees die volledige brosjure hier.

VERWANTE PLASINGS

All
Nuus

Maak kennis met JH Potgieter – Besproeiingsontwerper by Overberg Agri

Sluit by ons aan terwyl ons ’n onlangse besproeiingsprojek, ...

Overberg Agri-besproeiingsontwerper wen gesogte SABI-trofee

Tian Lourens, besproeiingsontwerper by Overberg Agri, het on...
Koffie Tyd promo - Roodebloem - Koffie Tyd

Koffie Tyd (Roodebloem) – Lokprent

Aangesien Februarie die maand van liefde is, is ons opgewond...
1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 WYS MEER

Die beste doeltreffendheid in bespuiting – IMPERADOR 4000

Hierdie Februarie stel ons jou aan die Imperador 4000 bekend...

PIENK GRAANSAKKE. ’N GROTER DOEL.

  Wanneer die oes pienk kleur, is daar ‘n groter ...
Besproeiingsoplossings - appelboord - Hemel en Aarde -vallei

Besproeiingsoplossings – appelboord

Sluit aan by ons besproeiings ontwerper, JH Potgieter, terwy...
1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 WYS MEER
All
Nuus
Koffie Tyd Remhoogte

Koffie Tyd (Remhoogte) – Lokprent

Hallo almal. Skakel later vandeesmaand in vir ons volgende e...

Loer na ons nuutste spesiale aanbiedinge

Die 1ste September beteken lente! Ons het ’n paar lekker pro...
1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 32 33 WYS MEER
Marilize du Toit landbou

Marilize du Toit, ‘n vrou in landbou, vertel ons meer oor haar ervaring in die sektor

Hierdie Vroue-maand het ons besluit om met ‘n vroue-boer in ...

Maak kennis met JH Potgieter – Besproeiingsontwerper by Overberg Agri

Sluit by ons aan terwyl ons ’n onlangse besproeiingsprojek, ...
1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 32 33 WYS MEER