Die beste doeltreffendheid in bespuiting – IMPERADOR 4000

19 February 2020 | Nuus

Hierdie Februarie stel ons jou aan die Imperador 4000 bekend. Dié uitstekende bespuitingsdoeltreffendheid wat Stara bied, is aan nuwe tegnologie met verhoogde aanwendingsgehalte te danke.

Belangrikste kenmerke

Die nuwe model is modern, stewig en onverskrokke, wat akkurater aanwending, groter bespuitingspresisie, en meer besparings beloof.

  • Die Imperador‑lyn is die enigste een in die wêreld met sentrale kraanarms – Dit beteken groter aanwendingstabiliteit, wat soveel as 58% meer chemikalieë by die teiken verseker.
  • Dubbelry‑spuitstelsel – Dit voorsien ’n groter werkspoedkruin, wat die bedryfsdoeltreffendheid verhoog.
  • Spuitstuk‑vir-spuitstuk-beheerstelsel – Die individuele spuitstukbeheerstelsel voer die outomatiese spuitstukafsluiting via die Topper 5500 uit sodra ’n gebied klaar behandel is, wat ’n effektiewe aanwending met groter besparings op chemikalieë bied.
  • Deurlopende hersirkuleerstelsel – Die eksklusiewe deurlopende hersirkuleerstelsel is ’n verdere innovasie in die nuwe Imperador‑lyn. Hierdie stelsel hou die chemikalieë voortdurend in sirkulasie in die kraanarmpype en ‑tenk, wat die volgende bied: Homogeniteit en spesifieke defensiewe konsentrasies.
  • Die 4-wiel-stuurstelsel gebruik slimtegnologie – Die 4-wiel-stuurstelsel met slimtegnologie en die outomatiese stuurterugvoer wat 42% kleiner draairadiusse as die tradisionele stelsels verseker, beteken snel stuurvermoë en verminderde oesskade.
  • Op & Af‑ hidrouliese hysstelsel – Die pulswydtemodulasie- (PWM-)klep en die ladingsensorpomp stel die hidrouliese stelsel in staat om te bereken hoeveel olie benodig word om die aktiwiteite uit te voer, hoofsaaklik die vloei in die spuitpomp. Met hierdie kontrole is daar gemiddeld plus 8 pk, wat ’n brandstofbesparing van tot 2,5% lewer.
  • Bloustraalwerklig word op die kraanarms gerig – Die Imperadors beskik oor bloustraalligte wat op die kraanarms gerig is. Dit verseker wye sigbaarheid in die nag en beter werkstoestande vir die operateur. Dit voorkom ook onderbrekings, wat beteken aanwendingsdoeltreffendheid is gewaarborg.
  • Die kajuit is die gerieflikste in sy kategorie – Met hope ruimte bied die kajuit uitstekende omgewingsuitsig.

Kontak Horton Griffiths vir meer inligting:

E‑pos: hortong@overbergagri.co.za
Tel: 028 214 3821
Sel: 082 388 0040

So nie, lees die volledige brosjure hier.

VERWANTE PLASINGS

All
Nuus

Met trots kondig ons aan dat Kempston Agri nou ook die invoerder van Deutz-Fahr trekkers in Suid Afrika is

Skakel Overberg Agri Meganisasie vir enige navrae by onderst...
Merry Christmas - Overberg Agri

Geseënde Kersfees!

Beste Overberg Agri-kliënte 2020 was op verskillende terrein...

Jongmense het ‘n plek in die landboubedryf

Ruben Badenhorst, een van ons landbou-adviseurs, glo dat ‘n ...
1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 WYS MEER

Inligtingsdae – videos

Macdon M155 Selfaangedrewe platsnyer

Hoe verbeter ’n mens ’n masjien wat die toon aangee vir spoe...

Geseënde Kersfees!

Beste Overberg Agri-kliënte Namate ons die einde van 2021 na...
1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 WYS MEER
All
Nuus

Krag, Presisie en Praktiese Waarde: Hoekom die CLAAS JAGUAR 800-reeks sin maak vir Kuilvoerprodusente

In moderne kuilvoerproduksie gaan dit nie net oor opbrengs n...

Roodebloem Boeredag

Ons is bitter opgewonde om jou uit te nooi na ons jaarlikse ...
1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 32 33 WYS MEER

Inligtingsdae – videos

Koffie Tyd promo - Roodebloem - Koffie Tyd

Koffie Tyd (Roodebloem) – Lokprent

Aangesien Februarie die maand van liefde is, is ons opgewond...
1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 32 33 WYS MEER