Bekendstelling van Deutz Fahr se Agrofarm G115

31 March 2020 | Nuus

Vandeesmaand stel ons u aan die Deutz Fahr Agrofarm G115-trekkers bekend. Hierdie trekkers is bekend vanweë die ideale oplossing wat hulle vir ’n groot verskeidenheid behoeftes bied, onder meer produktiwiteit en veelsydigheid in die veld, superieure beweegbaarheid vir algemene boerderytake, en spoed vir vinnige padvervoertoepassings. Dié trekkers kombineer kompakte afmetings met omvattende, hoëtegnologietoerusting om die uiterste gemak onder alle werksomstandighede te verseker.

Belangrikste kenmerke:

  • Die enjins van die Agrofarm G115-trekkers is kompak, veelsydig en kragtig. Die trekkers is toegerus met kragtige viersilinder‑, SDF Series 1000-enjins. Hierdie enjins van 4000 cm³ is beskikbaar in ’n keuse van kraglewerings, vanaf 115 pk.
  • Buitengewone modulêre transmissies. Hierdie buitengewone masjien bied ’n kragoordrag‑aandryfkoppeling (GS-modelle) en vyfspoedratwisseling via die sinchroï Toegewese natveelplaatkoppelaars vir vorentoe- en trubeweging verseker gladde rigtingveranderings, terwyl vyf ten volle gesinchroniseerde ratte ’n wye reeks werknelhede (20V/20T) met kruipsnelheid voorsien.
  • ’n Buitengewoon omvattende kragaftakker‑ (KAT‑)oplossing. Die Agrofarm G115-trekkers bied die keuse van al vier die standaard KAT-spoedmodusse (540, 540ECO, 1000 en 1000ECO), wat almal elektrohidroulies gekies en ingeskakel word, asook ’n outomatiese lasaanvoelfunksie, sodat die gekoppelde werktuig aanhoudend en egalig loop.
  • Egalige krag vir maksimum doeltreffendheid. Die hidrouliese stelsel van die Agrofarm G115‑trekkers is toegerus met ’n 56 L/min-ratpomp wat ’n oop middelbaan voer, om algehele versoenbaarheid te verseker, selfs met werktuie wat hoë hidrouliese kragdrywing verg. ’n Afsonderlike pomp voer die hidrouliese stuurstelsel en sorg vir besonder egalige, maklike stuuraksie, ook teen lae enjinsnelhede, en selfs wanneer die hys- en hulpverdelers in werking is.
  • Veiligheid en betroubaarheid. Die Agrofarm G115‑trekkers is toegerus met onafhanklike nat skyfremme op al vier wiele. Hierdie oplossing verseker die tipe stabiliteit van ’n sedanmotor, selfs onder die moeilikste remwerking.
  • Superieure gemak en ergonomie. Alle Agrofarm G-trekkers is as platform- of kajuitvariante beskikbaar. Laasgenoemde het ’n moderne kajuit met ’n hoë uitsig en slegs vier pilare. Agrofarm G115-trekkers spog met ’n unieke, kenmerkende ontwerp, noukeurige aandag aan detail en superieure ergonomie.

Kontak Horton Griffiths vir meer inligting:

E-pos: hortong@overbergagri.co.za
Tel: 028 214 3821
Sel: 082 388 0040

VERWANTE PLASINGS

All
Nuus
episode van 'Koffie Tyd'.

Welkom by ons eerste episode van ‘Koffie Tyd’.

Welkom by ons eerste episode van ‘Koffie Tyd’. S...

Roodebloem Boeredag

Ons is bitter opgewonde om jou uit te nooi na ons jaarlikse ...

AMAZONE ZA-TS- monteerbare kunsmisstrooiers

Die hoë‑uitsetstrooiers van AMAZONE is noukeurig, vinnig en ...
1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 WYS MEER
Koffie Tyd promo - Roodebloem - Koffie Tyd

Koffie Tyd (Roodebloem) – Lokprent

Aangesien Februarie die maand van liefde is, is ons opgewond...
Creation Wines Overberg Agri

Koffie Tyd – Tian Lourens neem ons op ‘n uitstappie na Creation Wines in die Hemel en Aarde-vallei.

Ons kykers is vandag in vir ‘n groot bederf, want een ...

Jongmense het ‘n plek in die landboubedryf

Ruben Badenhorst, een van ons landbou-adviseurs, glo dat ‘n ...
1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 WYS MEER
All
Nuus

Overberg Agri-lojaliteitsprogram

Ná oorlegpleging tussen Overberg Agri se Direksie en bestuur...

CLAAS LEXION 8000-6000

Alhoewel daar nie twee oesdae is wat dieselfde verloop nie, ...
1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 32 33 WYS MEER
Waterbesparing is nou meer belangrik as ooit — hoor by ons besproeiingspesialiste

Waterbesparing is nou meer belangrik as ooit — hoor by ons besproeiingspesialiste

Met droogtes wat ‘n meer algemene verskynsel raak en ‘n noem...
Solar irrigation design - Swartland

Solar besproeiingsontwerp – Swartland

Kom kuier saam met ons in die Wes-Kaap se beeldskone Swartla...
1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 32 33 WYS MEER