Bekendstelling van Deutz Fahr se Agrofarm G115

31 March 2020 | Nuus

Vandeesmaand stel ons u aan die Deutz Fahr Agrofarm G115-trekkers bekend. Hierdie trekkers is bekend vanweë die ideale oplossing wat hulle vir ’n groot verskeidenheid behoeftes bied, onder meer produktiwiteit en veelsydigheid in die veld, superieure beweegbaarheid vir algemene boerderytake, en spoed vir vinnige padvervoertoepassings. Dié trekkers kombineer kompakte afmetings met omvattende, hoëtegnologietoerusting om die uiterste gemak onder alle werksomstandighede te verseker.

Belangrikste kenmerke:

  • Die enjins van die Agrofarm G115-trekkers is kompak, veelsydig en kragtig. Die trekkers is toegerus met kragtige viersilinder‑, SDF Series 1000-enjins. Hierdie enjins van 4000 cm³ is beskikbaar in ’n keuse van kraglewerings, vanaf 115 pk.
  • Buitengewone modulêre transmissies. Hierdie buitengewone masjien bied ’n kragoordrag‑aandryfkoppeling (GS-modelle) en vyfspoedratwisseling via die sinchroï Toegewese natveelplaatkoppelaars vir vorentoe- en trubeweging verseker gladde rigtingveranderings, terwyl vyf ten volle gesinchroniseerde ratte ’n wye reeks werknelhede (20V/20T) met kruipsnelheid voorsien.
  • ’n Buitengewoon omvattende kragaftakker‑ (KAT‑)oplossing. Die Agrofarm G115-trekkers bied die keuse van al vier die standaard KAT-spoedmodusse (540, 540ECO, 1000 en 1000ECO), wat almal elektrohidroulies gekies en ingeskakel word, asook ’n outomatiese lasaanvoelfunksie, sodat die gekoppelde werktuig aanhoudend en egalig loop.
  • Egalige krag vir maksimum doeltreffendheid. Die hidrouliese stelsel van die Agrofarm G115‑trekkers is toegerus met ’n 56 L/min-ratpomp wat ’n oop middelbaan voer, om algehele versoenbaarheid te verseker, selfs met werktuie wat hoë hidrouliese kragdrywing verg. ’n Afsonderlike pomp voer die hidrouliese stuurstelsel en sorg vir besonder egalige, maklike stuuraksie, ook teen lae enjinsnelhede, en selfs wanneer die hys- en hulpverdelers in werking is.
  • Veiligheid en betroubaarheid. Die Agrofarm G115‑trekkers is toegerus met onafhanklike nat skyfremme op al vier wiele. Hierdie oplossing verseker die tipe stabiliteit van ’n sedanmotor, selfs onder die moeilikste remwerking.
  • Superieure gemak en ergonomie. Alle Agrofarm G-trekkers is as platform- of kajuitvariante beskikbaar. Laasgenoemde het ’n moderne kajuit met ’n hoë uitsig en slegs vier pilare. Agrofarm G115-trekkers spog met ’n unieke, kenmerkende ontwerp, noukeurige aandag aan detail en superieure ergonomie.

Kontak Horton Griffiths vir meer inligting:

E-pos: hortong@overbergagri.co.za
Tel: 028 214 3821
Sel: 082 388 0040

VERWANTE PLASINGS

All
Nuus

Geseënde Kersfees!

Beste Overberg Agri-kliënte Namate ons die einde van 2021 na...
Solar irrigation design - Swartland

Solar besproeiingsontwerp – Swartland

Kom kuier saam met ons in die Wes-Kaap se beeldskone Swartla...

Inligtingsdae – videos

1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 WYS MEER

Vrouemaand-fokus: Ontmoet Elnora du Toit – een van die inspirerende vroueboere in die Overberg-streek.

Ons stel julle vandag bekend aan Elnora du Toit, een van die...

Equalizer fabriekstoer – 17 Maart 2022

Op 17 Maart 2022 het Ray Rademan, heelgoedere bemarker van O...
Merry Christmas - Overberg Agri

Geseënde Kersfees!

Beste Overberg Agri-kliënte 2020 was op verskillende terrein...
1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 WYS MEER
All
Nuus
Overberg Agri rig Sentek-vogmeter

Overberg Agri rig Sentek-vogmeter en Valley-weerstasie net buite Caledon op

Ons is baie opgewonde om aan te kondig dat ons met die hulp ...

Bekendstelling van Deutz Fahr se Agrofarm G115

Vandeesmaand stel ons u aan die Deutz Fahr Agrofarm G115-tre...
1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 32 33 WYS MEER

Roodebloem Dierehanteringsfasiliteit

Roodebloem Dierehanteringsfasiliteit Doelgerigte skaaphanter...
Overberg Agri vier gemeenskapsveiligheidsprojek

Overberg Agri vier gemeenskapsveiligheidsprojek sukses

Ons, by Overberg Agri, het ‘n wyle terug begin met gemeenska...
1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 32 33 WYS MEER