Gelukkige wenner ry in blinknuwe trekker weg

7 March 2019 | Nuus

Francois Uys van Tussen Krale Boerdery het Overberg Agri se gelukkige trekking gewen en weggestap – oftewel weggery – met die Claas Axos 340C trekker ter waarde van R790 000.

Acorn Agri & Food het in November 2018 amptelik 100 jaar oud geword. Die groep se oudste en grootste filiaal, Overberg Agri, het besluit om dié besondere mylpaal op ’n unieke wyse te vier.

Aan die einde Augustus 2018 het die besigheid ’n 100 dae promosieveldtog in die Overberg en Swartland geloods. Kliënte kon gedurende dié tydperk kwalifiseer vir die Claas trekker-kompetisie met enige aankope van veevoere, veemedisyne of Claas-onderdele. In pas met die reëls van die kompetisie, is 10 finaliste uitgenooi na ’n gelukkige trekking op 1 Maart by Gabriëlskloof Wynlandgoed in Botrivier.

Tydens die ontbyt-geselligheid het elke finalis die geleentheid gekry om ’n sleutel te trek, waarvan slegs een die trekker sou aansluit. Francois Uys was die tweede hoopvolle deelnemer, wat op die trekker geklim het en sy sleutel het sowaar die trekker aangeskakel. Wat ’n asem-ophou-oomblik was dit nie! Elke finalis het ’n mini Claas replika ontvang om huis toe te neem.

Francois Uys van Tussen Krale Boerdery het Overberg Agri se gelukkige trekking gewen en is nou die baas van die Claas Axos 340C trekker ter waarde van R790 000.

Die tien finaliste wat hul sleutels in die gelukkige trekker kon probeer, is agter van links Klaas Smit (Smit Trust), Werner Truter (Grootvlei), Francois Viljoen (Grootvlakte), Douw de Kock (voorsitter), Pieter de Wet (Boschkloof) en Jurie Groenewald (Rietkuil). Voor is Francois Joubert (besturende direkteur van Overberg Agri), Andre Wessels (Skietpad), Andre Uys (HUB Acorn Agri & Food), Francois Uys (wenner – Tussen Krale), Louis Myburg en George de Kock (Driefontein) en Jimmy Immelman (gebiedsbestuurder, Kempston Agri Wes-Kaap).

VERWANTE PLASINGS

All
Nuus

Claas Axion 850 – in ’n klas van sy eie

As een van die toonaangewende vervaardigers van landboumasji...

Jongmense het ‘n plek in die landboubedryf

Ruben Badenhorst, een van ons landbou-adviseurs, glo dat ‘n ...

Reënval verslag

Reënval is sekerlik die belangrikste natuurlike faktor wanne...
1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 WYS MEER

Jongmense het ‘n plek in die landboubedryf

Ruben Badenhorst, een van ons landbou-adviseurs, glo dat ‘n ...
verster koffie tyd remhoogte

Koffie Tyd – Vandag reis ons na Remhoogte Wynlandgoed saam met Ian Verster

Vandag reis ons na Remhoogte Wynlandgoed saam met Ian Verste...

PIENK GRAANSAKKE. ’N GROTER DOEL.

  Wanneer die oes pienk kleur, is daar ‘n groter ...
1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 WYS MEER
All
Nuus
Goeie oes in 2020 verwag: Ons gesels met Johan Lusse - hoofbestuurder van graan en graandienste

Goeie oes in 2020 verwag: Ons gesels met Johan Lusse – hoofbestuurder van graan en graandienste

Graanproduskie is, benewens vee en ander vertakkings van boe...
Waterbesparing is nou meer belangrik as ooit — hoor by ons besproeiingspesialiste

Waterbesparing is nou meer belangrik as ooit — hoor by ons besproeiingspesialiste

Met droogtes wat ‘n meer algemene verskynsel raak en ‘n noem...
1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 32 33 WYS MEER
Agrinet oplossings – bloubessies

Agrinet oplossings – bloubessies

Sluit aan by ons spesialis in landbouprodukte, George Steven...
Rovic se EVENFLOW®-boordspuit

Innovasie op die gebied van bewaringslandbou – Rovic se EVENFLOW®-boordspuit

Rovic Leers wil die landboubedryf met innoverende, kostedoel...
1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 32 33 WYS MEER