Gelukkige wenner ry in blinknuwe trekker weg

7 March 2019 | Nuus

Francois Uys van Tussen Krale Boerdery het Overberg Agri se gelukkige trekking gewen en weggestap – oftewel weggery – met die Claas Axos 340C trekker ter waarde van R790 000.

Acorn Agri & Food het in November 2018 amptelik 100 jaar oud geword. Die groep se oudste en grootste filiaal, Overberg Agri, het besluit om dié besondere mylpaal op ’n unieke wyse te vier.

Aan die einde Augustus 2018 het die besigheid ’n 100 dae promosieveldtog in die Overberg en Swartland geloods. Kliënte kon gedurende dié tydperk kwalifiseer vir die Claas trekker-kompetisie met enige aankope van veevoere, veemedisyne of Claas-onderdele. In pas met die reëls van die kompetisie, is 10 finaliste uitgenooi na ’n gelukkige trekking op 1 Maart by Gabriëlskloof Wynlandgoed in Botrivier.

Tydens die ontbyt-geselligheid het elke finalis die geleentheid gekry om ’n sleutel te trek, waarvan slegs een die trekker sou aansluit. Francois Uys was die tweede hoopvolle deelnemer, wat op die trekker geklim het en sy sleutel het sowaar die trekker aangeskakel. Wat ’n asem-ophou-oomblik was dit nie! Elke finalis het ’n mini Claas replika ontvang om huis toe te neem.

Francois Uys van Tussen Krale Boerdery het Overberg Agri se gelukkige trekking gewen en is nou die baas van die Claas Axos 340C trekker ter waarde van R790 000.

Die tien finaliste wat hul sleutels in die gelukkige trekker kon probeer, is agter van links Klaas Smit (Smit Trust), Werner Truter (Grootvlei), Francois Viljoen (Grootvlakte), Douw de Kock (voorsitter), Pieter de Wet (Boschkloof) en Jurie Groenewald (Rietkuil). Voor is Francois Joubert (besturende direkteur van Overberg Agri), Andre Wessels (Skietpad), Andre Uys (HUB Acorn Agri & Food), Francois Uys (wenner – Tussen Krale), Louis Myburg en George de Kock (Driefontein) en Jimmy Immelman (gebiedsbestuurder, Kempston Agri Wes-Kaap).

VERWANTE PLASINGS

All
Nuus
Women’s Month Focus – Meet Anna Steytler

Fokus op Vrouemaand – maak kennis met Anna Steytler

Ons loods Vrouemaand deur u bekend te stel aan een van Overb...

Persverklaring

Gesamentlike verklaring deur die Departement van Landbou, Bo...
Agrinet oplossings – kersieboord

Agrinet oplossings – kersieboord

Vandag spog ons so ’n bietjie met ’n netinstallasie wat ons ...
1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 WYS MEER

TENDERGELEENTHEID: Overberg Agri Bates te Koop

Overberg Agri nooi hiermee geslote tenders in vir die aankoo...

Gemeenskapsveiligheidsprojek

NEEM DEEL AAN ONS GEMEENSKAPSVEILIGHEIDSPROJEK Die Overberg ...
Waterbesparing is nou meer belangrik as ooit — hoor by ons besproeiingspesialiste

Waterbesparing is nou meer belangrik as ooit — hoor by ons besproeiingspesialiste

Met droogtes wat ‘n meer algemene verskynsel raak en ‘n noem...
1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 WYS MEER
All
Nuus
Harvest update for 2021 Oesopdatering vir 2021

Oesopdatering vir 2021 – Johan Lusse

Ons het ‘n oomblik geneem om met Johan Lusse, Uitvoere...

Equalizer fabriekstoer – 17 Maart 2022

Op 17 Maart 2022 het Ray Rademan, heelgoedere bemarker van O...
1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 32 33 WYS MEER
Creation Wines Overberg Agri

Koffie Tyd – Tian Lourens neem ons op ‘n uitstappie na Creation Wines in die Hemel en Aarde-vallei.

Ons kykers is vandag in vir ‘n groot bederf, want een ...

Persverklaring

Gesamentlike verklaring deur die Departement van Landbou, Bo...
1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 32 33 WYS MEER