Ontmoet ons landboukundige raadgewers

31 August 2021 | Nuus

Landbou het by ʼn kruispad gekom wat betref hoe voedsel en vesel in die toekoms geproduseer sal word. Die beskerming van natuurlike hulpbronne en die implementering van volhoubare produksiepraktyke het van wêreldbelang geword.

As deurslaggewende deel van ons landboukundige ontwikkelingsafdeling wat die aandag toespits op landboukundige voorligting ter ondersteuning van volhoubare graan- en veeproduksie, het ons jong innoverende span deskundiges hulle dit ten doel gestel om praktiese oplossings te ondersoek en te ontwikkel om die risiko’s verbonde aan hierdie immerveranderende landboukundige landskap te temper.

Ons adviseurs is in Bredasdorp, Caledon, Moorreesburg en in die suiwelproduksiestreke van die Oos-Kaap gesetel. As span glo hulle dat die verandering in toekomstige landboukundige produksiestelsels aangedryf sal word deur verbruikersvoorkeure en die internasionale beleid wat die wyse waarop ons vandag boer, gaan verander. Vanaf September gaan ons ʼn paar projekte waaraan ons span die afgelope paar maande gewerk het, bekendstel.

Om mee te begin, laat ons elkeen van hulle aan u bekendstel.

Ontmoet ons landboukundige raadgewers

Casper Nell

Casper Nell en Ruben Badenhorst is daarvoor verantwoordelik om na die Overberg se kliënte in die Suid-Kaap vanaf Botrivier tot Ouplaas om te sien. Casper is ʼn gekwalifiseerde landbou – ekonoom met ʼn MScAgric in landbou – ekonomie. Vanuit Bredasdorp hanteer Casper alle navrae wat te make het met landbou ekonomie, terwyl Ruben, ʼn lewendehawe- en gewasdeskundige met ʼn MScAgric in vee kunde, alle navrae en raad oor gewas- en lewendehaweproduksie vanuit sy kantoor in Caledon hanteer.

Ontmoet ons landboukundige raadgewers

Ruben Badenhorst

Janco Cloete is ʼn landbou – ekonoom met ʼn BAgricHons in landbou ekonomie en bestuur. Janco is in Moorreesburg gesetel en hanteer alle navrae en raad omtrent landbou – ekonomie en gewasproduksie in die Swartland-streek, insluitende Moorreesburg, Bergrivier, Moravia en Leliedam.

Ontmoet ons landboukundige raadgewers

Janco Cloete

Leon Jansen van Vuuren is ʼn lewendehawe- en weidingsdeskundige met ʼn BAgric in diereproduksie. Leon werk nou saam met suiwelboere en gee raad wat verband hou met die produksie en bestuur van weidingsgewasse in die Oos-Kaap.

Ontmoet ons landboukundige raadgewers

Leon Jansen van Vuuren

Hier by Overberg Agri glo ons dat raad van opgeleide en ervare deskundiges ʼn belangrike rol speel in landbouproduksie. Die diversiteit van die span vorm die kern van hulle holistiese benadering, wat daarop gemik is om die produksiedoeltreffendheid en algehele winsgewendheid van hulle kliënte te verbeter. Hulle verstaan die ingewikkeldheid van die hele landboukundige stelsel en strewe daarna om te hou by die drie pilare van volhoubaarheid om die kliënt by te staan om sy/haar natuurlike, ekonomiese en maatskaplike verantwoordelikheid te bestuur.

Ons sien daarna uit om van die projekte waaraan ons span gewerk het met julle te deel.

VERWANTE PLASINGS

All
Nuus

Bekendstelling van Deutz Fahr se Agrofarm G115

Vandeesmaand stel ons u aan die Deutz Fahr Agrofarm G115-tre...

Inligtingsdae – videos

verster koffie tyd remhoogte

Koffie Tyd – Vandag reis ons na Remhoogte Wynlandgoed saam met Ian Verster

Vandag reis ons na Remhoogte Wynlandgoed saam met Ian Verste...
1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 WYS MEER

Roodebloem Dierehanteringsfasiliteit

Roodebloem Dierehanteringsfasiliteit Doelgerigte skaaphanter...

Inligtingsdae – videos

Claas Axion 850 – in ’n klas van sy eie

As een van die toonaangewende vervaardigers van landboumasji...
1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 WYS MEER
All
Nuus
episode van 'Koffie Tyd'.

Welkom by ons eerste episode van ‘Koffie Tyd’.

Welkom by ons eerste episode van ‘Koffie Tyd’. S...

Geseënde Kersfees!

Beste Overberg Agri-kliënte Namate ons die einde van 2021 na...
1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 32 33 WYS MEER

Herkouersdag – 18 Augustus 2022

Overberg Agri nooi u na die Herkouersdag op Donderdag, 18 Au...
Rovic se EVENFLOW®-boordspuit

Innovasie op die gebied van bewaringslandbou – Rovic se EVENFLOW®-boordspuit

Rovic Leers wil die landboubedryf met innoverende, kostedoel...
1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 32 33 WYS MEER