Ontmoet ons landboukundige raadgewers

31 August 2021 | Nuus

Landbou het by ʼn kruispad gekom wat betref hoe voedsel en vesel in die toekoms geproduseer sal word. Die beskerming van natuurlike hulpbronne en die implementering van volhoubare produksiepraktyke het van wêreldbelang geword.

As deurslaggewende deel van ons landboukundige ontwikkelingsafdeling wat die aandag toespits op landboukundige voorligting ter ondersteuning van volhoubare graan- en veeproduksie, het ons jong innoverende span deskundiges hulle dit ten doel gestel om praktiese oplossings te ondersoek en te ontwikkel om die risiko’s verbonde aan hierdie immerveranderende landboukundige landskap te temper.

Ons adviseurs is in Bredasdorp, Caledon, Moorreesburg en in die suiwelproduksiestreke van die Oos-Kaap gesetel. As span glo hulle dat die verandering in toekomstige landboukundige produksiestelsels aangedryf sal word deur verbruikersvoorkeure en die internasionale beleid wat die wyse waarop ons vandag boer, gaan verander. Vanaf September gaan ons ʼn paar projekte waaraan ons span die afgelope paar maande gewerk het, bekendstel.

Om mee te begin, laat ons elkeen van hulle aan u bekendstel.

Ontmoet ons landboukundige raadgewers

Casper Nell

Casper Nell en Ruben Badenhorst is daarvoor verantwoordelik om na die Overberg se kliënte in die Suid-Kaap vanaf Botrivier tot Ouplaas om te sien. Casper is ʼn gekwalifiseerde landbou – ekonoom met ʼn MScAgric in landbou – ekonomie. Vanuit Bredasdorp hanteer Casper alle navrae wat te make het met landbou ekonomie, terwyl Ruben, ʼn lewendehawe- en gewasdeskundige met ʼn MScAgric in vee kunde, alle navrae en raad oor gewas- en lewendehaweproduksie vanuit sy kantoor in Caledon hanteer.

Ontmoet ons landboukundige raadgewers

Ruben Badenhorst

Janco Cloete is ʼn landbou – ekonoom met ʼn BAgricHons in landbou ekonomie en bestuur. Janco is in Moorreesburg gesetel en hanteer alle navrae en raad omtrent landbou – ekonomie en gewasproduksie in die Swartland-streek, insluitende Moorreesburg, Bergrivier, Moravia en Leliedam.

Ontmoet ons landboukundige raadgewers

Janco Cloete

Leon Jansen van Vuuren is ʼn lewendehawe- en weidingsdeskundige met ʼn BAgric in diereproduksie. Leon werk nou saam met suiwelboere en gee raad wat verband hou met die produksie en bestuur van weidingsgewasse in die Oos-Kaap.

Ontmoet ons landboukundige raadgewers

Leon Jansen van Vuuren

Hier by Overberg Agri glo ons dat raad van opgeleide en ervare deskundiges ʼn belangrike rol speel in landbouproduksie. Die diversiteit van die span vorm die kern van hulle holistiese benadering, wat daarop gemik is om die produksiedoeltreffendheid en algehele winsgewendheid van hulle kliënte te verbeter. Hulle verstaan die ingewikkeldheid van die hele landboukundige stelsel en strewe daarna om te hou by die drie pilare van volhoubaarheid om die kliënt by te staan om sy/haar natuurlike, ekonomiese en maatskaplike verantwoordelikheid te bestuur.

Ons sien daarna uit om van die projekte waaraan ons span gewerk het met julle te deel.

VERWANTE PLASINGS

All
Nuus

Gemeenskapsveiligheidsprojek

NEEM DEEL AAN ONS GEMEENSKAPSVEILIGHEIDSPROJEK Die Overberg ...

Die beste doeltreffendheid in bespuiting – IMPERADOR 4000

Hierdie Februarie stel ons jou aan die Imperador 4000 bekend...
Petru du Plessis vertel meer oor die gebruik van netstrukture en bye in die steenvrugbedryf

Petru du Plessis vertel meer oor die gebruik van netstrukture en bye in die steenvrugbedryf

Petru du Plessis is ‘n pruimprodusent net buite Stellenbosch...
1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 WYS MEER
KOFFIE TYD - CREATION WINES

KOFFIE TYD (CREATION WINES) – LOKPRENT

Maak seker om by ons aan te sluit vir ons volgende episode v...
Agrinet oplossings – kersieboord

Agrinet oplossings – kersieboord

Vandag spog ons so ’n bietjie met ’n netinstallasie wat ons ...

Inligtingsdae – videos

1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 WYS MEER
All
Nuus
episode van 'Koffie Tyd'.

Welkom by ons eerste episode van ‘Koffie Tyd’.

Welkom by ons eerste episode van ‘Koffie Tyd’. S...

Met trots kondig ons aan dat Kempston Agri nou ook die invoerder van Deutz-Fahr trekkers in Suid Afrika is

Skakel Overberg Agri Meganisasie vir enige navrae by onderst...
1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 32 33 WYS MEER

Krag, Presisie en Praktiese Waarde: Hoekom die CLAAS JAGUAR 800-reeks sin maak vir Kuilvoerprodusente

In moderne kuilvoerproduksie gaan dit nie net oor opbrengs n...

TENDERGELEENTHEID: Overberg Agri Bates te Koop

Overberg Agri nooi hiermee geslote tenders in vir die aankoo...
1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 32 33 WYS MEER