Meer Oor Ons

Met sy administratiewe kantore op Caledon, is Overberg Agri (Edms) Bpk ’n gevestigde rolspeler in kernlandboustreke van die Wes-, Oos- en Noord-Kaap sowel as Limpopo. Overberg Agri bedryf tans 19 kleinhandelwinkels, 15 graandepots en vyf geriefswinkels op sentrale plekke in hierdie streke. Ons bied ’n wye verskeidenheid spesialiskleinhandelprodukte en dienste soos graanbestuursdienste, landbouhulpbronne en advies, vervaardiging en bemarking van presisielandboutoerusting, besproeiingsoplossings, sitrus- en druiweverpakkingsmateriaal, en finansieringsoplossings.

WAT ONDERSKEI ONS?

‘n Bestuurspan met 100+ jaar ondervinding in die landbou
Sterk netwerke en ‘n goeie reputasie
Ons bied ons kliënte ‘n betrokke benadering – hulp deur elke stap van die proses.
Ons het ‘n hart vir die toekoms van Suid-Afrika en is van plan om by te dra tot die groei van die ekonomie en die welvaart van ons mense.

ONS WAARDES

Ons streef daarna om waarde te skep deur gesonde persoonlike verhoudings, wat op ’n stewige etiese grondslag berus.

Ons heg waarde aan:

  • ons belanghebbendes, as ’n kerndeel van ons onderneming;
  • die skep van ’n omgewing waar alle werknemers sukses kan behaal;
  • die integriteit van al ons belanghebbendes;
  • etiese sake en beleggings;
  • respek vir menswaardigheid, menseregte, regsoewereiniteit en die omgewing;
  • entrepreneurskap en innovasie.

Ons Geskiedenis

Overberg Agri het ontstaan uit twee van die oudste boerderykoöperasies in die Wes-Kaap – die Caledon Boeren Koöperasie (wat in 1918 gestig is) en die Bredasdorp Boeren Koöperatiewe Vereniging (wat in 1926 gestig is). Hierdie koöperasies is teen die einde van die jare negentig in maatskappye omskep, wat tot die totstandkoming van Bredasdorp-Napier Landbougroep (BNK Landbou) in 1997 en Caledon-Riviersonderend Landboubeheermaatskappy Bpk. (CRK Landbou) in 1998 gelei het. Hierdie twee maatskappye het in 2005 saamgesmelt om Overberg Agri Beperk te vorm.

Op Woensdag die 2de Mei 2018, het Overberg Agri Beperk en Acorn Agri saamgesmelt om Acorn Agri & Food te vorm – ‘n Vertikaal geïntegreerde maatskappy met ‘n teenwoordigheid regdeur Suid Afrika. Overberg Agri is nou deel van die Acorn Agri & Food familie – en is die grootste filiaal. Acorn Agri & Food se webwerf kan by www.acornagri.com besigtig word.

raad van direkteure

 

André Uys

Nie-Uitvoerende Direkteur

Philip Morkel

Nie-Uitvoerende Direkteur

Jurie Giliomee

Nie-Uitvoerende Direkteur

Nelius Smith

Nie-Uitvoerende Direkteur

Francois Joubert

Besturende Direkteur

Dirkie Uys

Nie-Uitvoerende Direkteur

Richard Krige

Nie-Uitvoerende Direkteur

Jan Viljoen

Nie-Uitvoerende Direkteur

Pierre Malan

Nie-Uitvoerende Direkteur

Josias de Kock

Nie-Uitvoerende Direkteur

 

 

 

 

 

UITVOERENDE KOMITEE

Francois Joubert

Besturende Direkteur

Johan Lusse

Algemene Bestuurder
Graan en Graandienste

Philip Slabber

Hoof finansiële beampte

Henry Steyn

Hoof Innovasie

Colin van Dalen

Algemene Bestuurder
Kleinhandel en Agri Dienste

Etienne van Wyk

Algemene Bestuurder
Meganisasie en Ingenieurswese

Louis Beukes

Algemene Bestuurder
Agpack

Pieter van der Westhuisen

Algemene Bestuurder
Graanverhandeling

Ons Voetspoor

Ons het ‘n nasionale voetspoor, met ‘n sterk teenwoordigheid in die Wes-Kaap.

Ons Voetspoor

Ons het ‘n nasionale voetspoor, met ‘n sterk teenwoordigheid in die Wes-Kaap.

Overberg Farm Meat | Bredasdorp

Bredasdorp
South Africa

 

 

Overberg Agri | Bredasdorp

Bredasdorp
South Africa

 

 

Overberg Agri | Caledon

Caledon
South Africa

 

 

Overberg Agri | Klipdale

Klipdale
South Africa

 

 

Overberg Agri | Napier

Napier
South Africa

 

 

Overberg Agri | Ouplaas

Ouplaas
South Africa

 

 

Overberg Agri | Protem

Protem
South Africa

 

 

Overberg Agri | Rietpoel

Overberg Agri Bpk
Rietpoel Stasie
R326, Bredasdorp
7280, South Africa
South Africa

 

 

Overberg Agri | Riviersonderend

Riviersonderend
South Africa

 

 

Overberg Agri | Stanford

Stanford
South Africa

 

 

Overberg Agri | Bonnievale

Bonnievale
South Africa

 

 

Overberg Agri | Moorreesburg

Moorreesburg
South Africa

 

 

Overberg Agri | Velddrif

Velddrif
South Africa

 

 

Overberg Agri | Moravia

Moravia
South Africa

 

 

Overberg Agri | Porterville

Porterville
South Africa

 

 

Overberg Agri | Overberg Besproeiing

5 Tongaat Street
Kayamandi
Stellenbosch, 7615
South Africa

 

 

Overberg Agri | Alexandria

Alexandria
South Africa

 

 

Overberg Agri | Uitenhage

Uitenhage
South Africa

 

 

Overberg Agri | Oubosrand

Oubosrand
South Africa

 

 

Overberg Agri | Paarl

Paarl
South Africa

 

 

Overberg Agri | Eastern Cape

Eastern Cape
South Africa

 

 

Overberg Agri | Kakamas

Kakamas
South Africa

 

 

Overberg Agri | Groblersdal

Groblersdal
South Africa

 

 

Overberg Wealth & Risk Management | Caledon

11 Donkin Street
Caledon, 7230
South Africa

 

 

Overberg Wealth & Risk Management | Rosenpark

0D Pasita Street
Rosenpark
Cape Town, 7550
South Africa

 

 

Overberg Wealth & Risk Management | Randburg

97 Milner Road
Kensington B
Randburg, 2194
South Africa

 

 

Overberg Wealth & Risk Management | Oudtshoorn

93 Langenhoven Road
Oudtshoorn, 6620
South Africa

 

 

Overberg Wealth & Risk Management | Port Elizabeth

49 Worraker Street
Newton Park
Port Elizabeth, 6055
South Africa

 

 

Overberg Wealth & Risk Management | Bredasdorp

Swellendam Road
Bredasdorp, 7280
South Africa

 

 

Overberg Wealth & Risk Management | East London

Beach Road
Nahoon
East London, 5241
South Africa

 

 

Overberg Wealth & Risk Management | Moorreesburg

Lang Street
Moorreesburg
South Africa

 

 

Overberg Wealth & Risk Management | Hoog-En-Droog

25 Bergrivier Blvd S
Hoog-En-Droog
Paarl, 7646
South Africa

 

 

Overberg Wealth & Risk Management | Uitenhage

85 Cuyler Street
Cape Road Industrial
Uitenhage, 6229
South Africa