ONS BESPROEIINGSDIENSTE DEPARTEMENT
Doeltreffende water bestuur is ‘n steeds groeiende bron van kommer vir die landbou, veral gesien in die lig van die droogte wat die Wes-Kaap in die gesig staar. Onontbeerlik vir die toekomstige voortbestaan van landbou, nie net in Suid Afrika nie maar wêreldwyd, is om die regte middele te vind wat die uitdagings vir waterbesparing die hoof sal bied,
By Overberg Agri bied ons professionele besproeiings oplossings wat voldoen aan die standaarde van die Suid-Afrikaanse Besproeiings Instituut en verskaf ons produkte teen mededingende pryse. Ons besproeiings ontwerpers maak gebruik van Model Maker ontwerpprogramme vir gedetailleerde installasie tekeninge.
Ons moedig boere aan om toenemend gebruik te maak van presisie-boerdery metodes. Benewens meer effektiewe watergebruik en bewaring deur middel van presisie besproeiing help dit produsente ook om ander kosbare hulpbronne meer doeltreffend te bestuur, om gesonder gewasse te produseer en beskikbaarheid van voedingstowwe te verseker.
Valley® besproeiing is een van ons volhoubare vennote in hierdie bedryf. Valley® besproeiing is ‘n wêreldwye leier in presisie besproeiing en is daartoe verbind om meer volhoubare besproeiings oplossings vir produsente te vind. Die Valley® merk van spilpunte, lineêre en hoek toerusting verseker dat elke plant net die regte hoeveelheid water en kunsmis vir maksimum opbrengs ontvang. Met die wêreld se bevolking wat die kerf van 10bn teen 2050 kan bereik, sal hoër landbou opbrengste nodig wees om te voldoen aan die aanvraag na voedsel; dit saam met die gevolge van klimaatsverandering wat waarskynlik gaan verskerp. Deur voortdurende opleiding is ons kundige span gesteld om tred te hou met die nuutste ontwikkeling in presisie boerdery praktyke en navorsing in tegnologie.