Landbouadvies van Overberg se Boerepa’s – Jan Fick

8 June 2022 | Nuus

Met Vadersdag om die draai het ons dit goed gedink om met ‘n paar boerepa’s in die gemeenskap te gesels. Die eerste hiervan was Jan Fick van Vaalplaas, naby Caledon. Hierdie plaas is die tuiste van die Fick-familie vir al meer as tweehonderd jaar (ses geslagte). Volgens Jan, is ons land se landbousektor is in goeie hande met vandag se jeug, omdat daar goeie belangstelling is, en ‘n wil om beter te boer.

Jan Fick glo pa’s het ‘n baie groot rol te speel in die landbousektor in terme van advies. “Ons het die ondervinding oor jare wat ‘n mens nie kan aangee nie, maar wel op deurlopende basis kan probeer oordra. [Die jeug] het weer die inisiatief en honger vir nuwe tegnologie en ek dink die kombinasie werk uitstekend,” sê hy. Jan sê sy pa het beslis gehelp met sy verstaan van boerdery. Hy glo jy kan seker maak jou landboubesigheid is suksesvol wanneer jy eendag weg is, deur ‘n gesonde en gemaklike verhouding met jou seun te kweek sodat hy ontvanklik is vir advies van jou kant af. “Julle [moet] ook as ‘n span saam werk en nie ‘n ek-is-nog-die-baas- en ek-sal-sê-hoe-dinge-gedoen-word houding hê nie,” sê hy.

Sover het Jan nog nie kans gehad om te dink aan Vadersdag-planne nie, maar hy sal verseker dit met sy familie spandeer.

 

 

VERWANTE PLASINGS

All
Nuus

Kom sluit aan by ons lang verwagte jaarlikse geleentheid – die Roodebloem Boeredag!

Overberg Agri se jaarlikse Boeredag word op Donderdag 29 Aug...

Krag, Presisie en Praktiese Waarde: Hoekom die CLAAS JAGUAR 800-reeks sin maak vir Kuilvoerprodusente

In moderne kuilvoerproduksie gaan dit nie net oor opbrengs n...
Welkom by ons eerste lokprent van

Welkom by ons eerste lokprent van “Koffie Tyd”!

Ons is so opgewonde om jou bekend te stel aan ons nuwe sosia...
1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 WYS MEER
Overberg Agri ondersteun die jeug in landbou

Overberg Agri ondersteun die jeug in landbou

Hier is ‘n paar graad-10 Hoërskool Overberg-leerders op ‘n D...
episode van 'Koffie Tyd'.

Welkom by ons eerste episode van ‘Koffie Tyd’.

Welkom by ons eerste episode van ‘Koffie Tyd’. S...

Roodebloem Boeredag

Ons is bitter opgewonde om jou uit te nooi na ons jaarlikse ...
1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 WYS MEER
All
Nuus
Solar irrigation design - Swartland

Solar besproeiingsontwerp – Swartland

Kom kuier saam met ons in die Wes-Kaap se beeldskone Swartla...
Agrinet oplossings – kersieboord

Agrinet oplossings – kersieboord

Vandag spog ons so ’n bietjie met ’n netinstallasie wat ons ...
1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 32 33 WYS MEER

Die beste doeltreffendheid in bespuiting – IMPERADOR 4000

Hierdie Februarie stel ons jou aan die Imperador 4000 bekend...
1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 32 33 WYS MEER