Die Eerste Herkouersdag deur Overberg Agri aangebied

1 September 2022 | Nuus

Overberg Agri bied reeds baie jare die Voorplant Inligtingsdag, Roodebloem Boeredag en Plaaspersoneel Ontwikkelingsdag aan, waar daar meestal gefokus word op graan kultivarevaluasies, praktiese bestuursinligting, produksiepraktyke, terugvoer oor navorsing en die finansiële aspekte van die graan vertakkings. Die dae word met die ondersteuning van verskeie instansies aangebeid, wat baie goed ondersteun word deur produsente en verteenwoordigers van insette in die landbou. Die vee en weidings kry egter min blootstelling op die inligtingsdae. Veeproduksie maak ‘n groot bydra tot die totale omset en uiteindelike winsgewendheid van boerderye in die Wes-Kaap. Daar was in die verlede ‘n Skaapinligtingsdag op Roodebloem deur Overberg Agri aangebied, maar vir ‘n paar jaar het dit nie plaasgevind nie. Die landboukundiges van Overberg Agri het besluit om weer die inligtingsdag vir vee te laat herleef in die vorm van ‘n herkouersdag.

Dit is die doel van Overberg Agri se  landbou-ontwikkelingsafdeling om praktykgerigte inligting, demonstrasies en produksievaardighede aan ons produsente oor te dra. Overberg Agri se besigheid fokus op produsente wat ‘n wesenlike bydrae maak tot die sukses van landbou in die Wes-Kaap en in Suid-Afrika.

Die sukses van die dag is moontlik gemaak deur die insette van rolspelers in die veebedryf met  ondervinding sowel as goeie kennis van die veebedryf. ‘n Komitee is gestig en daar is gesamentlik oor onderwerpe wat op die herkouersdag aangebied is. Inligting wat ons boere sal toerus om goeie finansiële- en volhoubare besluite te neem in hul veeboerdery. Jy moet aan die einde van die dag kan “herkou” aan die inligting wat jy op die Herkouersdag gekry het.

Die program het verskeie sprekers betrek wat veeverwante onderwerpe, soos veeartseny, voeding, weiding, tegnologie, vleis, wol en bemarking bespreek het, asook demonstrasies ingesluit.

Die dag was baie goed ondersteun en bywoningsgetalle van meer as 250 besoekers, spreek van self oor die sukses van die dag.

Baie dankie aan al ons sprekers en borge wat die dag ‘n sukses gemaak het. Sonder hulle sou die dag nie moontlik gewees het nie.

 

VERWANTE PLASINGS

All
Nuus

Claas Axion 850 – in ’n klas van sy eie

As een van die toonaangewende vervaardigers van landboumasji...

Wintergraan planttyd

Equalizer, meeste van ons het al die naam gehoor en die masj...
Overberg Agri vier gemeenskapsveiligheidsprojek

Overberg Agri vier gemeenskapsveiligheidsprojek sukses

Ons, by Overberg Agri, het ‘n wyle terug begin met gemeenska...
1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 WYS MEER

Overberg Agri-lojaliteitsprogram

Ná oorlegpleging tussen Overberg Agri se Direksie en bestuur...

Inligtingsdae – videos

Gemeenskapsveiligheidsprojek

NEEM DEEL AAN ONS GEMEENSKAPSVEILIGHEIDSPROJEK Die Overberg ...
1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 WYS MEER
All
Nuus

Maak kennis met George Stevenson – ons agrinet-produkspesialis

Benodig u beskermende nette vir u oeste? In die video hier o...
Solar irrigation design - Swartland

Solar besproeiingsontwerp – Swartland

Kom kuier saam met ons in die Wes-Kaap se beeldskone Swartla...
1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 32 33 WYS MEER

Inligtingsdae – videos

Landbouadvies van Overberg se Boerepa's - Jan Fick

Landbouadvies van Overberg se Boerepa’s – Jan Fick

Met Vadersdag om die draai het ons dit goed gedink om met ‘n...
1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 32 33 WYS MEER