Overberg Agri rig Sentek-vogmeter en Valley-weerstasie net buite Caledon op

22 July 2022 | Nuus

Ons is baie opgewonde om aan te kondig dat ons met die hulp van Valley Irrigation en Prospera, by SAB se modelplaas net buite Caledon, ʼn Sentek-vogmeter en Valley-weerstasie geïnstalleer het. Die vogmeter sal die grondvog monitor en deur middel van Valley Scheduling vooruitskattings maak van wanneer en hoeveel besproei moet word. In samewerking met die weerstasie, kan dit baie akkurate syfers bereken ten opsigte van die hoeveelheid besproeiing wat benodig word — wat tot die besparing van water lei. Ons gesels met ons besproeiingsontwerper, Tian Lourens, wat in beheer is van die projek. 

Volgens Tian verrig die vogmeter wat by SAB se modelplaas geïnstalleer is drie funksies op 10cm intervalle van die 60cm vogmeter. Die eerste funksie is die meting van grondvog op die 10cm intervalle. “Hiermee word daar grondvog volumes bepaal in die wortel sone van die plant,” sê hy. 

Die tweede funksie van die vogmeter is die meting van grond temperatuur op die verskillende vlakke wat belangrik is ten opsigte van die ontkieming en wortel ontwikkeling van die plant. 

Die derde, en laaste, funksie is die meet van die grond se sout vlakke. “Hierdie is om te bepaal of die toediening van kunsmis reg geskied het en hoe die kunsmis beweeg deur die grond profiel na afloop van besproeiing,” sê Tian. Hy voeg by dat die groot voordeel hiervan is om die gebruik van water en kunsmis te optimaliseer en sodoende die gebruik daarvan te verminder.

Volgens Tian, bied die Valley-weerstasie wat gebruik word op SAB se modelplaas die boer die geleentheid om onder andere die temperatuur, wind spoed en reënval te meet. Die inligting word aanlyn gestoor en maak dit moontlik om historiese data te vergelyk.

“Die volgende inligting word gemeet deur die weerstasie: Temperatuur, wind spoed, wind rigting, “Wind Gust”, humiditeit en sonstraling.  Die plasing van so ʼn weerstasie gee die boer die geleentheid om te sien of die weer van so aard is dat hy op daardie area kan besproei of swam- en of insekdoders kan spuit,” sê Tian.

Die inligting word ook verwerk om die vorige dag se evapotranspirasie-syfer te bereken. Hierdie syfer saam met ʼn plant se gewasfaktor kan ʼn baie goeie aanduiding gee vir die hoeveelheid water wat die plant en grond benodig deur middel van besproeiing.  “Die sonstraling syfers wat oor ʼn lang termyn versamel word bied ook saam met aanlyn inligting vir die boer die geleentheid om te bepaal hoe ekonomies vatbaar ʼn son pomp stelsel sal wees,” sê hy.

Grondvog in die wortel sone

 

Grondvog oor ʼn tydperk

 

Grond sout inhoud waar gesien kan word die beweging van kunsmis deur die wortel sones

 

 

 

 

 

 

 

VERWANTE PLASINGS

All
Nuus

Maak kennis met George Stevenson – ons agrinet-produkspesialis

Benodig u beskermende nette vir u oeste? In die video hier o...
Overberg Agri ondersteun die jeug in landbou

Overberg Agri ondersteun die jeug in landbou

Hier is ‘n paar graad-10 Hoërskool Overberg-leerders op ‘n D...

Maak kennis met Ian Verster – Besproeiingsontwerper by Overberg Agri

Het u al met Ian Verster kennis gemaak? Dit is Ian se taak o...
1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 WYS MEER

Vrouemaand-fokus: Ontmoet Elnora du Toit – een van die inspirerende vroueboere in die Overberg-streek.

Ons stel julle vandag bekend aan Elnora du Toit, een van die...

Macdon M155 Selfaangedrewe platsnyer

Hoe verbeter ’n mens ’n masjien wat die toon aangee vir spoe...

Herkouersdag – 18 Augustus 2022

Overberg Agri nooi u na die Herkouersdag op Donderdag, 18 Au...
1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 WYS MEER
All
Nuus
KOFFIE TYD - CREATION WINES

KOFFIE TYD (CREATION WINES) – LOKPRENT

Maak seker om by ons aan te sluit vir ons volgende episode v...
Rovic se EVENFLOW®-boordspuit

Innovasie op die gebied van bewaringslandbou – Rovic se EVENFLOW®-boordspuit

Rovic Leers wil die landboubedryf met innoverende, kostedoel...
1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 32 33 WYS MEER

Die 6 C’s van Kuilvoerbewaring

Topgehalte mieliekuilvoer is noodsaaklik vir winsgewende vee...

Loer na ons nuutste spesiale aanbiedinge

Die 1ste September beteken lente! Ons het ’n paar lekker pro...
1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 32 33 WYS MEER