Geseënde Kersfees!

13 December 2021 | Nuus

Beste Overberg Agri-kliënte

Namate ons die einde van 2021 nader, wil ek graag elkeen van u bedank vir u ondersteuning.

Die afgelope twee jaar was besonder uitdagend. Die COVID-19-pandemie, tesame met stygende insetkoste en veranderende verbruikersvoorkeure, het die Suid-Afrikaanse landbousektor onder baie druk geplaas. Terwyl die Suid-Afrikaanse ekonomie sedert die koms van COVID-19 ʼn insinking ervaar het, word daar verwag dat die sektor ʼn sleutelaandrywer van ons land se ekonomiese herstel gaan wees. Ten spyte daarvan dat die Agbiz en nywerheidsontwikkelingskorporasie (IDC) se Landbousakevertroue-indeks in die derde kwartaal van vanjaar met 67 punte teruggesak het, nadat dit in die tweede kwartaal sy hoogste vlak ooit van 75 punte bereik het, is ons vol vertroue dat die bedryf steeds sal floreer.

Ten spyte van al die uitdagings wat die afgelope twee jaar gebied het, het ons onderneming ook ʼn paar opwindende mylpale in 2021 beleef. Ons het sosiale media as deel van ons bemarkingstrategie geïntegreer en het ʼn aktiewe teenwoordigheid op beide Facebook en LinkedIn. Ons het ʼn informatiewe nuwe videoreeks, met die naam “Koffie Tyd”, van stapel gestuur wat op al ons sosialemediaplatforms en op die Overberg Agri-webwerf besigtig kan word. Ons het ook ʼn nuwe lojaliteitsprogram vir ons kliënte geloods as deel van ons strategie om aan ons kliënte ʼn groter aandeel in ons onderneming te gee.

Namens ons uitvoerende span wil ek u en u gesinne graag ʼn baie gelukkige Kersfees en geseënde Nuwejaar, gevul met sukses, geluk en goeie gesondheid, toewens. Nie een van ons prestasies sou sonder u moontlik gewees het nie.

Ek sien daarna uit om in 2022 weer met u saam te werk.

Vriendelike groete

Francois Joubert
Besturende Direkteur van Overberg Agri

 

 

 

 

 

VERWANTE PLASINGS

All
Nuus

Gemeenskapsveiligheidsprojek

NEEM DEEL AAN ONS GEMEENSKAPSVEILIGHEIDSPROJEK Die Overberg ...

Maak kennis met Ian Verster – Besproeiingsontwerper by Overberg Agri

Het u al met Ian Verster kennis gemaak? Dit is Ian se taak o...
Goeie oes in 2020 verwag: Ons gesels met Johan Lusse - hoofbestuurder van graan en graandienste

Goeie oes in 2020 verwag: Ons gesels met Johan Lusse – hoofbestuurder van graan en graandienste

Graanproduskie is, benewens vee en ander vertakkings van boe...
1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 WYS MEER
Agrinet oplossings – bloubessies

Agrinet oplossings – bloubessies

Sluit aan by ons spesialis in landbouprodukte, George Steven...
Koffie Tyd - Vlakkenheuwel Boerdery

Koffie Tyd – Vlakkenheuwel Boerdery

Welkom by ons volgende episode van Koffie Tyd. Ons kykers is...

Loer na ons nuutste spesiale aanbiedinge

Die 1ste September beteken lente! Ons het ’n paar lekker pro...
1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 WYS MEER
All
Nuus

Herkouersdag – 18 Augustus 2022

Overberg Agri nooi u na die Herkouersdag op Donderdag, 18 Au...
Agrinet oplossings – bloubessies

Agrinet oplossings – bloubessies

Sluit aan by ons spesialis in landbouprodukte, George Steven...
1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 32 WYS MEER

Claas Axion 850 – in ’n klas van sy eie

As een van die toonaangewende vervaardigers van landboumasji...
Koffie Tyd Remhoogte

Koffie Tyd (Remhoogte) – Lokprent

Hallo almal. Skakel later vandeesmaand in vir ons volgende e...
1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 32 WYS MEER