Geseënde Kersfees!

13 December 2021 | Nuus

Beste Overberg Agri-kliënte

Namate ons die einde van 2021 nader, wil ek graag elkeen van u bedank vir u ondersteuning.

Die afgelope twee jaar was besonder uitdagend. Die COVID-19-pandemie, tesame met stygende insetkoste en veranderende verbruikersvoorkeure, het die Suid-Afrikaanse landbousektor onder baie druk geplaas. Terwyl die Suid-Afrikaanse ekonomie sedert die koms van COVID-19 ʼn insinking ervaar het, word daar verwag dat die sektor ʼn sleutelaandrywer van ons land se ekonomiese herstel gaan wees. Ten spyte daarvan dat die Agbiz en nywerheidsontwikkelingskorporasie (IDC) se Landbousakevertroue-indeks in die derde kwartaal van vanjaar met 67 punte teruggesak het, nadat dit in die tweede kwartaal sy hoogste vlak ooit van 75 punte bereik het, is ons vol vertroue dat die bedryf steeds sal floreer.

Ten spyte van al die uitdagings wat die afgelope twee jaar gebied het, het ons onderneming ook ʼn paar opwindende mylpale in 2021 beleef. Ons het sosiale media as deel van ons bemarkingstrategie geïntegreer en het ʼn aktiewe teenwoordigheid op beide Facebook en LinkedIn. Ons het ʼn informatiewe nuwe videoreeks, met die naam “Koffie Tyd”, van stapel gestuur wat op al ons sosialemediaplatforms en op die Overberg Agri-webwerf besigtig kan word. Ons het ook ʼn nuwe lojaliteitsprogram vir ons kliënte geloods as deel van ons strategie om aan ons kliënte ʼn groter aandeel in ons onderneming te gee.

Namens ons uitvoerende span wil ek u en u gesinne graag ʼn baie gelukkige Kersfees en geseënde Nuwejaar, gevul met sukses, geluk en goeie gesondheid, toewens. Nie een van ons prestasies sou sonder u moontlik gewees het nie.

Ek sien daarna uit om in 2022 weer met u saam te werk.

Vriendelike groete

Francois Joubert
Besturende Direkteur van Overberg Agri

 

 

 

 

 

VERWANTE PLASINGS

All
Nuus

AMAZONE ZA-TS- monteerbare kunsmisstrooiers

Die hoë‑uitsetstrooiers van AMAZONE is noukeurig, vinnig en ...
Waterbesparing is nou meer belangrik as ooit — hoor by ons besproeiingspesialiste

Waterbesparing is nou meer belangrik as ooit — hoor by ons besproeiingspesialiste

Met droogtes wat ‘n meer algemene verskynsel raak en ‘n noem...

Geseënde Kersfees!

Beste Overberg Agri-kliënte Namate ons die einde van 2021 na...
1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 WYS MEER
verster koffie tyd remhoogte

Koffie Tyd – Vandag reis ons na Remhoogte Wynlandgoed saam met Ian Verster

Vandag reis ons na Remhoogte Wynlandgoed saam met Ian Verste...
Creation Wines Overberg Agri

Koffie Tyd – Tian Lourens neem ons op ‘n uitstappie na Creation Wines in die Hemel en Aarde-vallei.

Ons kykers is vandag in vir ‘n groot bederf, want een ...

Ontmoet ons landboukundige raadgewers

Landbou het by ʼn kruispad gekom wat betref hoe voedsel en ve...
1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 WYS MEER
All
Nuus
Women’s Month Focus – Meet Anna Steytler

Fokus op Vrouemaand – maak kennis met Anna Steytler

Ons loods Vrouemaand deur u bekend te stel aan een van Overb...
Besproeiingsoplossings - appelboord - Hemel en Aarde -vallei

Besproeiingsoplossings – appelboord

Sluit aan by ons besproeiings ontwerper, JH Potgieter, terwy...
1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 32 33 WYS MEER
Overberg Agri ondersteun die jeug in landbou

Overberg Agri ondersteun die jeug in landbou

Hier is ‘n paar graad-10 Hoërskool Overberg-leerders op ‘n D...
Agrinet oplossings – bloubessies

Agrinet oplossings – bloubessies

Sluit aan by ons spesialis in landbouprodukte, George Steven...
1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 32 33 WYS MEER