Reënval verslag

7 November 2022 | Nuus

Reënval is sekerlik die belangrikste natuurlike faktor wanneer dit kom by die produksie van kleingraan. Dit is krities vir die plant vanaf ontkieming reg deur die groeiproses tot dit ryp is. By Overberg Agri, sluit ons bedieningsgebied gedeeltes van die Suid-Kaap (Caledon-, en Bredasdorp-areas) en Swartland-area in.

Jaarlikse reënval (Figuur 1)

Langtermyn gemiddelde reënval dui daarop dat Caledon-area (Botrivier, Caledon, Krige en Riviersonderend)) die hoogste gemiddelde reënval van 487mm per jaar het, gevolg deur Bredasdorp-area (Bredasdorp, Napier, Protem, Klipdale, Ouplaas) met 420mm per jaar en die Swartland (Riebeek-Wes, Moorreesburg, Moravia, Koringberg, Hopefield tot Vredenburg) met ‘n gemiddelde jaarlikse reënval van 304mm. In die periode van Januarie 2022 tot einde September 2022, het Caledon 290mm, Bredasdorp 211mm en die Swartland 180mm ontvang. In die meegaande figuur is dit duidelik dat daar redelik variasie in reënval tussen jare en die streke is.

Reënval vir die groeiseisoen (April tot September) word in Figure 2 tot 4 geïllustreer.

Caledon-area se gemiddelde reënval vir die groeiseisoen (Apr-Sep) is 313mm. In 2020 en 2021 is bo gemiddelde reënval ondervind met 2021 wat baie natter was weens die groot hoeveelheid reën in Mei. In 2016 tot 2019 is onder gemiddelde reënval ondervind, asook in 2022. Verspreiding van reënval het ‘n groot invloed op die opbrengste wat realiseer in ‘n jaar.

Die gemiddelde jaarlikse reënval vir die Bredasdorp-area is 297mm. Die periode 2016 tot 2019 was die gemiddelde reënval in die groeiseisoen onder normaal, so ook in 2022.

Die Swartland area het ‘n gemiddelde reënval van 260mm vir die groeiperiode April tot September tussen 2012 en 2022. Dieselfde tendens word waargeneem met laer as gemiddelde reënval in 2017, 2019 en nou ook 2022. Vir die laaste 6 jaar was slegs 2020 en 2021 bo die langtermyn gemiddelde gewees.

Reënval in 2022

Figuur 5 en 6 toon duidelik aan dat daar vanjaar onder gemiddelde reën was tot en met Maart. In April het die eerste werklike reën geval, maar was nog steeds minder as die langtermyn gemiddeld. Mei en Junie het genoegsame reën ontvang. Junie maand was die eerste werklike nat maand met 107mm en 71.6mm onderskeidelik in Caledon en Bredasdorp.

Die Swartland-area het reg deur die jaar onder gemiddelde reënval ontvang. Dit plaas die plant reg deur die groeiproses onder stremming en die plant kan nie sy volle potensiaal bereik nie. Junie was die hoogste reënval maand in die Swartland met 60mm, gevolg deur Augustus met 43.5mm.

Oes verwagting

Die min reën het tot gevolg gehad dat daar geen opslag voor die tyd was om dood te spuit nie. Dit dra ook grootliks by tot die koring in die gars, veral in die Overberg area. Die graan se stand het verbasend goed gelyk teen einde Junie in die Overberg area. As gevolg van die min reën in Julie, Augustus en September het die potensiaal van n bo gemiddelde oes na ‘n gemiddelde oes gedaal. In die Swartland was die vogtoestande van die begin af nie goed nie. Die produsente hoop vir ‘n gemiddelde oes. Die potensiaal wat daar tans is, is te danke aan die verspreiding van reënval. Van die produsente het al begin platsny en oes. In die grootste gedeelte van die bedieningsgebied is die terugvoer positief en die opbrengste is beter as verwagting.

VERWANTE PLASINGS

All
Nuus

Maak kennis met George Stevenson – ons agrinet-produkspesialis

Benodig u beskermende nette vir u oeste? In die video hier o...
Goeie oes in 2020 verwag: Ons gesels met Johan Lusse - hoofbestuurder van graan en graandienste

Goeie oes in 2020 verwag: Ons gesels met Johan Lusse – hoofbestuurder van graan en graandienste

Graanproduskie is, benewens vee en ander vertakkings van boe...

Gelukkige wenner ry in blinknuwe trekker weg

Francois Uys van Tussen Krale Boerdery het Overberg Agri se ...
1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 WYS MEER
Landbouadvies van Overberg se Boerepa's - Jan Fick

Landbouadvies van Overberg se Boerepa’s – Jan Fick

Met Vadersdag om die draai het ons dit goed gedink om met ‘n...

TENDERGELEENTHEID: Overberg Agri Bates te Koop

Overberg Agri nooi hiermee geslote tenders in vir die aankoo...
Overberg Agri rig Sentek-vogmeter

Overberg Agri rig Sentek-vogmeter en Valley-weerstasie net buite Caledon op

Ons is baie opgewonde om aan te kondig dat ons met die hulp ...
1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 WYS MEER
All
Nuus

Die beste doeltreffendheid in bespuiting – IMPERADOR 4000

Hierdie Februarie stel ons jou aan die Imperador 4000 bekend...

Overberg Agri-lojaliteitsprogram

Ná oorlegpleging tussen Overberg Agri se Direksie en bestuur...
1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 32 WYS MEER

Claas Axion 850 – in ’n klas van sy eie

As een van die toonaangewende vervaardigers van landboumasji...

Roodebloem Boeredag

Ons is bitter opgewonde om jou uit te nooi na ons jaarlikse ...
1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 32 WYS MEER