Overberg Agri-besproeiingsontwerper wen gesogte SABI-trofee

28 August 2019 | Nuus

Tian Lourens, besproeiingsontwerper by Overberg Agri, het onlangs die Suid-Afrikaanse Besproeiingsinstituut (SABI) se gesogte nasionale eksamentrofee ontvang. Willie Vosloo, voorsitter van SABI, het die trofee by ’n banket en prysuitdelingsdinee gedurende die nasionale SABI-jaarkongres van 2019 in KwaZulu-Natal aan Tian oorhandig.

Die trofee is ter erkenning van Tian se topprestasie in SABI se nasionale eksamen – ’n hoog aangeskrewe tegniese eksamen vir besproeiingsontwerpers, soortgelyk aan die eksamen van ’n rekeningkunde- of dergelike beroepsraad. Sodra ’n ontwerper hierdie eksamen geslaag het, ontvang hy/sy die status van “SABI-goedgekeurde besproeiingsontwerper”, wat hoog aangeslaan word deur die bedryf.

Doeltreffende waterbestuur is ’n al hoe groter kwessie in die landbou, en die onlangse droogte in die Wes-Kaap het dít opnuut onderstreep. Die soeke na instrumente en metodes om water te bespaar, is daarom noodsaaklik vir die toekomstige sukses van die landbousektor, nie net in Suid-Afrika nie, maar wêreldwyd. Overberg Agri se kundige span streef daarna om op hoogte te bly van die jongste ontwikkelings in omgewingsvriendelike besproeiingspraktyke deur gereelde opleiding te ondergaan. SABI se toewyding aan waterbesparing maak dié instituut ’n uitstekende vennoot in hierdie verband.

Ons is besonder trots op Tian vir sy onverpoosde werk om sy kennis op hierdie gebied voortdurend uit te brei.

Baie geluk!

VERWANTE PLASINGS

All
Nuus

NAMPO Oesdag 2019

NAMPO Oesdag is die grootste privaat georganiseerde landboug...
Solar irrigation design - Swartland

Solar besproeiingsontwerp – Swartland

Kom kuier saam met ons in die Wes-Kaap se beeldskone Swartla...
Women’s Month Focus – Meet Anna Steytler

Fokus op Vrouemaand – maak kennis met Anna Steytler

Ons loods Vrouemaand deur u bekend te stel aan een van Overb...
1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 WYS MEER
Koffie Tyd Remhoogte

Koffie Tyd (Remhoogte) – Lokprent

Hallo almal. Skakel later vandeesmaand in vir ons volgende e...

Ontmoet ons landboukundige raadgewers

Landbou het by ʼn kruispad gekom wat betref hoe voedsel en ve...

Kom sluit aan by ons lang verwagte jaarlikse geleentheid – die Roodebloem Boeredag!

Overberg Agri se jaarlikse Boeredag word op Donderdag 29 Aug...
1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 WYS MEER
All
Nuus
episode van 'Koffie Tyd'.

Welkom by ons eerste episode van ‘Koffie Tyd’.

Welkom by ons eerste episode van ‘Koffie Tyd’. S...
Women’s Month Focus – Meet Anna Steytler

Fokus op Vrouemaand – maak kennis met Anna Steytler

Ons loods Vrouemaand deur u bekend te stel aan een van Overb...
1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 32 33 WYS MEER
Agrinet oplossings – kersieboord

Agrinet oplossings – kersieboord

Vandag spog ons so ’n bietjie met ’n netinstallasie wat ons ...
verster koffie tyd remhoogte

Koffie Tyd – Vandag reis ons na Remhoogte Wynlandgoed saam met Ian Verster

Vandag reis ons na Remhoogte Wynlandgoed saam met Ian Verste...
1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 32 33 WYS MEER