Overberg Agri-besproeiingsontwerper wen gesogte SABI-trofee

28 August 2019 | Nuus

Tian Lourens, besproeiingsontwerper by Overberg Agri, het onlangs die Suid-Afrikaanse Besproeiingsinstituut (SABI) se gesogte nasionale eksamentrofee ontvang. Willie Vosloo, voorsitter van SABI, het die trofee by ’n banket en prysuitdelingsdinee gedurende die nasionale SABI-jaarkongres van 2019 in KwaZulu-Natal aan Tian oorhandig.

Die trofee is ter erkenning van Tian se topprestasie in SABI se nasionale eksamen – ’n hoog aangeskrewe tegniese eksamen vir besproeiingsontwerpers, soortgelyk aan die eksamen van ’n rekeningkunde- of dergelike beroepsraad. Sodra ’n ontwerper hierdie eksamen geslaag het, ontvang hy/sy die status van “SABI-goedgekeurde besproeiingsontwerper”, wat hoog aangeslaan word deur die bedryf.

Doeltreffende waterbestuur is ’n al hoe groter kwessie in die landbou, en die onlangse droogte in die Wes-Kaap het dít opnuut onderstreep. Die soeke na instrumente en metodes om water te bespaar, is daarom noodsaaklik vir die toekomstige sukses van die landbousektor, nie net in Suid-Afrika nie, maar wêreldwyd. Overberg Agri se kundige span streef daarna om op hoogte te bly van die jongste ontwikkelings in omgewingsvriendelike besproeiingspraktyke deur gereelde opleiding te ondergaan. SABI se toewyding aan waterbesparing maak dié instituut ’n uitstekende vennoot in hierdie verband.

Ons is besonder trots op Tian vir sy onverpoosde werk om sy kennis op hierdie gebied voortdurend uit te brei.

Baie geluk!

VERWANTE PLASINGS

All
Nuus
Marilize du Toit landbou

Marilize du Toit, ‘n vrou in landbou, vertel ons meer oor haar ervaring in die sektor

Hierdie Vroue-maand het ons besluit om met ‘n vroue-boer in ...
Rovic se EVENFLOW®-boordspuit

Innovasie op die gebied van bewaringslandbou – Rovic se EVENFLOW®-boordspuit

Rovic Leers wil die landboubedryf met innoverende, kostedoel...

Herkouersdag – 18 Augustus 2022

Overberg Agri nooi u na die Herkouersdag op Donderdag, 18 Au...
1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 WYS MEER
Overberg Agri ondersteun die jeug in landbou

Overberg Agri ondersteun die jeug in landbou

Hier is ‘n paar graad-10 Hoërskool Overberg-leerders op ‘n D...
Solar irrigation design - Swartland

Solar besproeiingsontwerp – Swartland

Kom kuier saam met ons in die Wes-Kaap se beeldskone Swartla...

Krag, Presisie en Praktiese Waarde: Hoekom die CLAAS JAGUAR 800-reeks sin maak vir Kuilvoerprodusente

In moderne kuilvoerproduksie gaan dit nie net oor opbrengs n...
1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 WYS MEER
All
Nuus
verster koffie tyd remhoogte

Koffie Tyd – Vandag reis ons na Remhoogte Wynlandgoed saam met Ian Verster

Vandag reis ons na Remhoogte Wynlandgoed saam met Ian Verste...

Met trots kondig ons aan dat Kempston Agri nou ook die invoerder van Deutz-Fahr trekkers in Suid Afrika is

Skakel Overberg Agri Meganisasie vir enige navrae by onderst...
1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 32 33 WYS MEER

Inligtingsdae – videos

Goeie oes in 2020 verwag: Ons gesels met Johan Lusse - hoofbestuurder van graan en graandienste

Goeie oes in 2020 verwag: Ons gesels met Johan Lusse – hoofbestuurder van graan en graandienste

Graanproduskie is, benewens vee en ander vertakkings van boe...
1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 32 33 WYS MEER