NAMPO Oesdag 2019

4 July 2019 | Nuus

NAMPO Oesdag is die grootste privaat georganiseerde landbougeleentheid in die suidelike halfrond. Sowat 80 000 betrokkenes by die landbousektor sak jaarliks op die Vrystaat toe om die 670 uitstallings gade te slaan. En vanjaar was geen uitsondering nie. Onder andere danksy die uitstekende weer het ’n skare van 81 345 dié handelskou en gewilde bymekaarkomplek vir landbouers besoek.

Die geleentheid stel produsente en ander rolspelers in die landboubedryf in staat om die jongste tegnologie en produkte op boerderygebied persoonlik te ervaar. Graan SA beskou ook die Oesdag as een van die grootste bydraers tot die versekering van volhoubare voedselproduksie in Suider-Afrika. Die paneelbesprekings by die geleentheid stimuleer gewoonlik landbougesprekke tussen belanghebbendes van verskillende instansies en politieke agtergronde.

Vanjaar se besprekings was besonder interessant en het gehandel oor ’n wye verskeidenheid onderwerpe, van grondhervorming tot wat nodig is vir die landbousektor en die land se ekonomie om te groei. Daarbenewens was daar ook ’n aantal gesprekke oor staatsbetrokkenheid, waaronder finansiering vir swart boere, markuitbreiding, die winsgewendheid van die sektor, ’n nasionale gewasversekeringsubsidie, vaardigheidsontwikkeling, die verbetering van infrastruktuur, en navorsing oor die klimaat.

Al die paneelbesprekings kan op die webtuiste http://www.nasieingesprek.co.za/ besigtig word.

Graan SA het verlede jaar ’n ooreenkoms met Bredasdorp Park, ’n maatskappy sonder winsoogmerk, onderteken om dié handelskou vir die eerste keer in die Wes-Kaap aan te bied. Die geleentheid was ’n reusesukses en het uitstekende landbouinligting aan alle belanghebbendes verskaf. Vanjaar se NAMPO Kaap vind van 4 tot 6 September plaas, weer in samewerking met Bredasdorp Park.

Hier sal Kaapse produsente die geleentheid hê om met mekaar te gesels, pryse en gehalte te vergelyk en boerderywenke uit te ruil – en terselfdertyd aan uithalerkos te smul.

Ons sien jou graag daar!

VERWANTE PLASINGS

All
Nuus

Overberg Agri Kersboodskap

Geagte Overberg Agri-kliënte Namate ons die einde van 2019 n...

AMAZONE ZA-TS- monteerbare kunsmisstrooiers

Die hoë‑uitsetstrooiers van AMAZONE is noukeurig, vinnig en ...

Inligtingsdae – videos

1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 WYS MEER

Maak kennis met JH Potgieter – Besproeiingsontwerper by Overberg Agri

Sluit by ons aan terwyl ons ’n onlangse besproeiingsprojek, ...

Reënval verslag

Reënval is sekerlik die belangrikste natuurlike faktor wanne...
Koffie Tyd promo - Roodebloem - Koffie Tyd

Koffie Tyd (Roodebloem) – Lokprent

Aangesien Februarie die maand van liefde is, is ons opgewond...
1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 WYS MEER
All
Nuus

Reënval verslag

Reënval is sekerlik die belangrikste natuurlike faktor wanne...

Vrouemaand-fokus: Ontmoet Elnora du Toit – een van die inspirerende vroueboere in die Overberg-streek.

Ons stel julle vandag bekend aan Elnora du Toit, een van die...
1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 WYS MEER
Harvest update for 2021 Oesopdatering vir 2021

Oesopdatering vir 2021 – Johan Lusse

Ons het ‘n oomblik geneem om met Johan Lusse, Uitvoere...

Claas Axion 850 – in ’n klas van sy eie

As een van die toonaangewende vervaardigers van landboumasji...
1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 WYS MEER