NAMPO Oesdag 2019

4 July 2019 | Nuus

NAMPO Oesdag is die grootste privaat georganiseerde landbougeleentheid in die suidelike halfrond. Sowat 80 000 betrokkenes by die landbousektor sak jaarliks op die Vrystaat toe om die 670 uitstallings gade te slaan. En vanjaar was geen uitsondering nie. Onder andere danksy die uitstekende weer het ’n skare van 81 345 dié handelskou en gewilde bymekaarkomplek vir landbouers besoek.

Die geleentheid stel produsente en ander rolspelers in die landboubedryf in staat om die jongste tegnologie en produkte op boerderygebied persoonlik te ervaar. Graan SA beskou ook die Oesdag as een van die grootste bydraers tot die versekering van volhoubare voedselproduksie in Suider-Afrika. Die paneelbesprekings by die geleentheid stimuleer gewoonlik landbougesprekke tussen belanghebbendes van verskillende instansies en politieke agtergronde.

Vanjaar se besprekings was besonder interessant en het gehandel oor ’n wye verskeidenheid onderwerpe, van grondhervorming tot wat nodig is vir die landbousektor en die land se ekonomie om te groei. Daarbenewens was daar ook ’n aantal gesprekke oor staatsbetrokkenheid, waaronder finansiering vir swart boere, markuitbreiding, die winsgewendheid van die sektor, ’n nasionale gewasversekeringsubsidie, vaardigheidsontwikkeling, die verbetering van infrastruktuur, en navorsing oor die klimaat.

Al die paneelbesprekings kan op die webtuiste http://www.nasieingesprek.co.za/ besigtig word.

Graan SA het verlede jaar ’n ooreenkoms met Bredasdorp Park, ’n maatskappy sonder winsoogmerk, onderteken om dié handelskou vir die eerste keer in die Wes-Kaap aan te bied. Die geleentheid was ’n reusesukses en het uitstekende landbouinligting aan alle belanghebbendes verskaf. Vanjaar se NAMPO Kaap vind van 4 tot 6 September plaas, weer in samewerking met Bredasdorp Park.

Hier sal Kaapse produsente die geleentheid hê om met mekaar te gesels, pryse en gehalte te vergelyk en boerderywenke uit te ruil – en terselfdertyd aan uithalerkos te smul.

Ons sien jou graag daar!

VERWANTE PLASINGS

All
Nuus

Bekendstelling van Deutz Fahr se Agrofarm G115

Vandeesmaand stel ons u aan die Deutz Fahr Agrofarm G115-tre...
Welkom by ons eerste lokprent van

Welkom by ons eerste lokprent van “Koffie Tyd”!

Ons is so opgewonde om jou bekend te stel aan ons nuwe sosia...
Goeie oes in 2020 verwag: Ons gesels met Johan Lusse - hoofbestuurder van graan en graandienste

Goeie oes in 2020 verwag: Ons gesels met Johan Lusse – hoofbestuurder van graan en graandienste

Graanproduskie is, benewens vee en ander vertakkings van boe...
1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 WYS MEER

Jongmense het ‘n plek in die landboubedryf

Ruben Badenhorst, een van ons landbou-adviseurs, glo dat ‘n ...
Landbouadvies van Overberg se Boerepa's - Jan Fick

Landbouadvies van Overberg se Boerepa’s – Jan Fick

Met Vadersdag om die draai het ons dit goed gedink om met ‘n...
Harvest update for 2021 Oesopdatering vir 2021

Oesopdatering vir 2021 – Johan Lusse

Ons het ‘n oomblik geneem om met Johan Lusse, Uitvoere...
1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 WYS MEER
All
Nuus

Maak kennis met JH Potgieter – Besproeiingsontwerper by Overberg Agri

Sluit by ons aan terwyl ons ’n onlangse besproeiingsprojek, ...

Overberg Agri-besproeiingsontwerper wen gesogte SABI-trofee

Tian Lourens, besproeiingsontwerper by Overberg Agri, het on...
1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 32 WYS MEER

Herkouersdag – 18 Augustus 2022

Overberg Agri nooi u na die Herkouersdag op Donderdag, 18 Au...

Met trots kondig ons aan dat Kempston Agri nou ook die invoerder van Deutz-Fahr trekkers in Suid Afrika is

Skakel Overberg Agri Meganisasie vir enige navrae by onderst...
1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 32 WYS MEER