Innovasie op die gebied van bewaringslandbou – Rovic se EVENFLOW®-boordspuit

14 July 2020 | News, Nuus

Rovic Leers wil die landboubedryf met innoverende, kostedoeltreffende en volhoubare oplossings bystaan om positiewe ontwikkeling te bevorder en te ondersteun. Een so ’n oplossing wat ons graag aan u bekend stel, is hulle boordspuit – ’n ware aanwins vir bewaringslandbouers! Die SYNCROFLOW-tegnologie waarop die ontwerp van die Rovic EVENFLOW®-boordspuit berus, verseker die volgende:

  • Die lugmomentum wat deur middel van die waaierstelsel opbou, word gebalanseer met die boomstruktuur en die algemene spuitnelhede in die bedryf om die hele boomstruktuur van sproeibelaaide lug te voorsien, sonder oormatige verliese deurdat daar déúr die teiken gespuit word. Dít verhoog herwinningsvlakke van die aktiewe bestanddeel en verlaag die risiko van dryfkontaminasie.
  • Die lugsnelheidsprofiele wat geskep word, word met die boomstruktuur en -afmetings gebalanseer sodat alle teikenareas bereik word, sonder oorvoorsiening van lugsnelheid aan die buitenste onderste areas van die boom, waar die aktiewe bestanddeel dikwels van die teiken afgeblaas word. Dít verseker eenvormiger herwinning van die aktiewe bestanddeel oor die hele teiken, sowel as hoër doeltreffendheid.
  • Die hoek waarteen die lugmomentum die boomstruktuur tref, is nie loodreg nie, maar skuins om beter vangdoeltreffendheid op die teiken te bewerkstellig en die eenvormigheid van herwinning van die aktiewe bestanddeel op vrugte, takke en blare te verbeter.
  • Sydelingse ewewig van lugmomentum en lugsnelheidsprofiele word verkry (na links en regs) om eweredige resultate aan albei kante van die sproeier te verseker.
  • Energieverbruik is so laag moontlik om ’n minimale koolstofvoetspoor tot gevolg te hê en bedryfskoste te verlaag.

Spesifikasies

  • Poliëtileentenk van 1 500/2 000/3 000 liter met 5% bykomende skuimruimte, dubbele opvuldeksels, en dryfastonnel wat in een stuk gegiet is
  • Handwastenk (10 liter) en skoonwaterstelselspoeltenk (150 liter)
  • Twee tenkvlakaanwysers met afmetings voorop aangedui
  • Klas 6-kragaftakkeras met konstante snelheid (“CV”)
  • Verstelbare trekstang met sleepoog wat vryelik draai en ’n swaardiens- hoogteverstelbare domkragstaander
  • COMET APS 145-diafragmapomp (50 bar, 145 liter/min)
  • Elektriese beheerkleppe vir oop-/toemaak, links en regs
  • Volgrootte-kalibreerdrukmeter op agterste spuitpype
  • Breedteverstelbare as met 10,0/75-15,5 x 10PR bande
  • Elf brons oorskakelspuitkophouers aan elke kant, ALBUR ATR-spuitkoppe gemonteer na gelang van spesifikasie
  • SYNCROFLOW®-tegnologie
  • EVENFLOW®-sproeiverdeler van vlekvrye staal
  • EASS®-stelsel vir maklike instandhouding
  • Pensplaatbeskerming

Vir verdere inligting, klik hier vir die volledige brosjure of kontak Horton Griffiths:

E-pos: hortong@overbergagri.co.za
Tel: 028 214 3821
Sel: 082 388 0040

Volg ook gerus hierdie skakel om te kyk watter ander landboumasjinerie tans te koop is.

RELATED POSTS

All
News

Nampo Harvest Day 2019

NAMPO Harvest Day is the largest privately-organised agricul...

Inligtingsdae – videos

CLAAS LEXION 8000-6000

Alhoewel daar nie twee oesdae is wat dieselfde verloop nie, ...
1 2 3 4 5 6 7 8 9 SHOW MORE

Maak kennis met Ian Verster – Besproeiingsontwerper by Overberg Agri

Het u al met Ian Verster kennis gemaak? Dit is Ian se taak o...
Rovic se EVENFLOW®-boordspuit

Innovasie op die gebied van bewaringslandbou – Rovic se EVENFLOW®-boordspuit

Rovic Leers wil die landboubedryf met innoverende, kostedoel...

Overberg Agri Kersboodskap

Geagte Overberg Agri-kliënte Namate ons die einde van 2019 n...
1 2 3 4 5 6 7 8 9 SHOW MORE
All
News
Rovic se EVENFLOW®-boordspuit

Innovasie op die gebied van bewaringslandbou – Rovic se EVENFLOW®-boordspuit

Rovic Leers wil die landboubedryf met innoverende, kostedoel...
episode van 'Koffie Tyd'.

Welkom by ons eerste episode van ‘Koffie Tyd’.

Welkom by ons eerste episode van ‘Koffie Tyd’. S...
1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 SHOW MORE

Nampo Harvest Day 2019

NAMPO Harvest Day is the largest privately-organised agricul...
Rovic se EVENFLOW®-boordspuit

Innovasie op die gebied van bewaringslandbou – Rovic se EVENFLOW®-boordspuit

Rovic Leers wil die landboubedryf met innoverende, kostedoel...
1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 SHOW MORE