Innovasie op die gebied van bewaringslandbou – Rovic se EVENFLOW®-boordspuit

14 July 2020 | News, Nuus

Rovic Leers wil die landboubedryf met innoverende, kostedoeltreffende en volhoubare oplossings bystaan om positiewe ontwikkeling te bevorder en te ondersteun. Een so ’n oplossing wat ons graag aan u bekend stel, is hulle boordspuit – ’n ware aanwins vir bewaringslandbouers! Die SYNCROFLOW-tegnologie waarop die ontwerp van die Rovic EVENFLOW®-boordspuit berus, verseker die volgende:

  • Die lugmomentum wat deur middel van die waaierstelsel opbou, word gebalanseer met die boomstruktuur en die algemene spuitnelhede in die bedryf om die hele boomstruktuur van sproeibelaaide lug te voorsien, sonder oormatige verliese deurdat daar déúr die teiken gespuit word. Dít verhoog herwinningsvlakke van die aktiewe bestanddeel en verlaag die risiko van dryfkontaminasie.
  • Die lugsnelheidsprofiele wat geskep word, word met die boomstruktuur en -afmetings gebalanseer sodat alle teikenareas bereik word, sonder oorvoorsiening van lugsnelheid aan die buitenste onderste areas van die boom, waar die aktiewe bestanddeel dikwels van die teiken afgeblaas word. Dít verseker eenvormiger herwinning van die aktiewe bestanddeel oor die hele teiken, sowel as hoër doeltreffendheid.
  • Die hoek waarteen die lugmomentum die boomstruktuur tref, is nie loodreg nie, maar skuins om beter vangdoeltreffendheid op die teiken te bewerkstellig en die eenvormigheid van herwinning van die aktiewe bestanddeel op vrugte, takke en blare te verbeter.
  • Sydelingse ewewig van lugmomentum en lugsnelheidsprofiele word verkry (na links en regs) om eweredige resultate aan albei kante van die sproeier te verseker.
  • Energieverbruik is so laag moontlik om ’n minimale koolstofvoetspoor tot gevolg te hê en bedryfskoste te verlaag.

Spesifikasies

  • Poliëtileentenk van 1 500/2 000/3 000 liter met 5% bykomende skuimruimte, dubbele opvuldeksels, en dryfastonnel wat in een stuk gegiet is
  • Handwastenk (10 liter) en skoonwaterstelselspoeltenk (150 liter)
  • Twee tenkvlakaanwysers met afmetings voorop aangedui
  • Klas 6-kragaftakkeras met konstante snelheid (“CV”)
  • Verstelbare trekstang met sleepoog wat vryelik draai en ’n swaardiens- hoogteverstelbare domkragstaander
  • COMET APS 145-diafragmapomp (50 bar, 145 liter/min)
  • Elektriese beheerkleppe vir oop-/toemaak, links en regs
  • Volgrootte-kalibreerdrukmeter op agterste spuitpype
  • Breedteverstelbare as met 10,0/75-15,5 x 10PR bande
  • Elf brons oorskakelspuitkophouers aan elke kant, ALBUR ATR-spuitkoppe gemonteer na gelang van spesifikasie
  • SYNCROFLOW®-tegnologie
  • EVENFLOW®-sproeiverdeler van vlekvrye staal
  • EASS®-stelsel vir maklike instandhouding
  • Pensplaatbeskerming

Vir verdere inligting, klik hier vir die volledige brosjure of kontak Horton Griffiths:

E-pos: hortong@overbergagri.co.za
Tel: 028 214 3821
Sel: 082 388 0040

Volg ook gerus hierdie skakel om te kyk watter ander landboumasjinerie tans te koop is.

RELATED POSTS

All
News

We have a winner!

Overberg Agri would like to bid a hearty congratulations to ...

Herkouersdag Overberg 2026

Herkouersdag Overberg 2026 Praktiese insigte vir volhoubare ...

Plantpresies Voorplant Inligtingsdag 2026

Plantpresies Voorplant Inligtingsdag 2026 Praktiese insigte ...
1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 SHOW MORE

Kom geniet Herkouersdag 2025 – ’n Dag vir Herkouerboere by Roodebloem

Merk jou kalender vir een van die mees verwagte geleenthede ...

Herkouersdag 2025 – Swartland Bulk & Blêr: ’n Dag van Insig en Verbintenis

On 25 June 2025, the Hopefield Sports Club became the meetin...
Koffie Tyd Remhoogte

Koffie Tyd (Remhoogte) – Lokprent

Hallo almal. Skakel later vandeesmaand in vir ons volgende e...
1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 SHOW MORE
All
News
episode van 'Koffie Tyd'.

Welkom by ons eerste episode van ‘Koffie Tyd’.

Welkom by ons eerste episode van ‘Koffie Tyd’. S...
Tiger VML 240 Mixer

Voermenger: Bekendstelling van Seko se Tiger VML 240 (met direkte uitlaat)

Danksy vyf-en-veertig jaar se ervaring op die gebied van lan...
1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 SHOW MORE

AMAZONE ZA-TS- monteerbare kunsmisstrooiers

Die hoë‑uitsetstrooiers van AMAZONE is noukeurig, vinnig en ...
Tiger VML 240 Mixer

Voermenger: Bekendstelling van Seko se Tiger VML 240 (met direkte uitlaat)

Danksy vyf-en-veertig jaar se ervaring op die gebied van lan...
1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 SHOW MORE