Wintergraan planttyd

25 March 2022 | Nuus

Equalizer, meeste van ons het al die naam gehoor en die masjienerie gesien maar ken dalk nie die geskiedenis van waar hierdie naam en die maatskappy se ontstaan vandaan gekom het nie.

Equalizer het ontstaan op ‘n plaas in Hopefield in die Swartland in 1998. Gideon Schreuder was een van 3 broers op die familieplaas en hulle het op ‘n punt gekom waar daar ‘n tekort was om hul plant, of soos voor die planters bekend, saai proses te verbeter om hul hektare meer effektief te kan werk en die beste moontlikke ruseltate te kan kry met die vestiging van die jong plante. Daar is taamlik navorsing gedoen oor minimum bewerking planters en op daardie stadium was daar al ‘n paar konsepte in Australie, wat hierdie konsep van die hele plantproses in een bewerking effektief kon bereik. Die eerste eenhede is gebou en met die hulp van Terry Nickels se konsep vanuit Australie en so het die eerste Equalizer air seeder in 1998 graan geplant in die Swartland.

Die eerste Equalizer Airseeder

Die belangstelling het gekom vanaf ander boere in die omtrek en so is die maatskappy gestig en is daar die volgende jaar 4 Equalizer seeders gebou. So het dinge aanhou groei en die koringplanters het elkejaar verberter en aangepas by ons spesifieke planttoestande en grondtipes in Suid Afrika.

Met Suid Afrika wat baie meer somergraan as wintergraan produseer is die eerste Mielieplanter is in 2008 vervaardig met die doel om die vervaardiging oor die jaar te versprei en om landwyd aan kliente te voorsien.

Daar is tans 742 Equalizer Air Seeders en 1120 Equalizer rygewas, planters daar buite, nie net in Suid Afrika nie maar ook in die buite land in Australie, Europa en Afrika.

Hierdie getalle sou nie moontlik gewees het sonder die samewerking en ondersteuning van ons handelaars nie. Veral maatskappye soos Overberg Agri wat in die tyd wat hy bekend was as CRK die eerste Equalizer handelaar in geskiedenis was. Hierdie verhouding tussen Equalizer en Overberg Agri kom dus nou al byna 20 jaar aan en is gegrond op ‘n goeie verhouding en baie jare se samewerking.

Vanaf Equalizer, baie sterkte met die planttyd wat voorlê vir 2022. Mag dit ‘n geseende jaar wees vir die lanbou in alle aspekte. Hou by die basiese beginsels en maak seker jy plant jou saad tot die beste van jou vermoë om die plante die beste kans te gee tot ‘n sukses. Soos ons slagspreuk sê: Plant jou toekoms.

Groete
Bert Badenhorst

 

 

 

 

VERWANTE PLASINGS

All
Nuus
Besproeiingsontwerp - Framboosboord

Besproeiingsontwerp – Framboosboord

Ons het jou onlangs voorgestel aan Ian Verster – een v...

Die 6 C’s van Kuilvoerbewaring

Topgehalte mieliekuilvoer is noodsaaklik vir winsgewende vee...

Die beste doeltreffendheid in bespuiting – IMPERADOR 4000

Hierdie Februarie stel ons jou aan die Imperador 4000 bekend...
1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 WYS MEER

Macdon M155 Selfaangedrewe platsnyer

Hoe verbeter ’n mens ’n masjien wat die toon aangee vir spoe...

Ontmoet ons landboukundige raadgewers

Landbou het by ʼn kruispad gekom wat betref hoe voedsel en ve...

Maak kennis met George Stevenson – ons agrinet-produkspesialis

Benodig u beskermende nette vir u oeste? In die video hier o...
1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 WYS MEER
All
Nuus

Met trots kondig ons aan dat Kempston Agri nou ook die invoerder van Deutz-Fahr trekkers in Suid Afrika is

Skakel Overberg Agri Meganisasie vir enige navrae by onderst...

Die beste doeltreffendheid in bespuiting – IMPERADOR 4000

Hierdie Februarie stel ons jou aan die Imperador 4000 bekend...
1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 32 33 WYS MEER

Gemeenskapsveiligheidsprojek

NEEM DEEL AAN ONS GEMEENSKAPSVEILIGHEIDSPROJEK Die Overberg ...
Welkom by ons eerste lokprent van

Welkom by ons eerste lokprent van “Koffie Tyd”!

Ons is so opgewonde om jou bekend te stel aan ons nuwe sosia...
1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 32 33 WYS MEER