1. Inleiding
Daar is twee prominente denkrigtings met betreking tot skaapboerdery of meer spesifiek lamstelsels. Die een is ten gunste van lamkampies en die ander glo dat ooie op die veld moet lam sonder enige bystand of inmening.
Lamkampies word nou al vir baie dekades gebruik, maar was in die begin jare meestal gebruik as daar probleme in die kudde was. Die probleme het voorvalle ingesluit soos ooie wat hul lammers los, ekstreme weers omstandighede (koue, sneeu, ens.), siektes en pes uitbrake. Hierdie probleme word tans ook ondervind deur meeste produsente, maar hulle stig lamkampies egter vir verskeie ander redes ook. Dit sluit redes in soos, beskerming teen roofdiere, diefstal, handhawing van beter voedingsprogramme, vergemaklik bestuur, verhoog naspeurbaarheid en bied die geleentheid om met meer vee te boer op ‘n kleiner area. Omstandighede het so verander dat boere dit nie meer kan bekostig om vee te verloor nie. Reproduksie en lam oorlewing is dus uiters belangrik om winsgewendheid te verseker. Een van die grootste redes vir onsuksesvolle boerderye is lamvrektes, waar die meeste mortaliteite binne die eerste drie dae voor kom (Teagasc, 2020). Die mortaliteite wat binne die eerste drie dae na geboorte voorkom kan so hoog as 20% wees of selfs hoër as dit (Louw et al., 2015). Mortaliteite onder meerlinge kan twee na drie keer meer wees as enkelinge en benodig dus adisionele toesig, sowel as bestuur. Dit is dus belangrik om lammers en ooie beter te bestuur tydens die lam seisoen om’n hoë lam oorlewing te verseker. Hoër lam oorlewing lei tot hoër verkope en dus meer geld wat geallokeer kan word aan ander kudde probleme. Dit is moontlik om jou kudde beter te bestuur tydens lamtyd met lamkampies. Dit is egter belangrik om te besluit watter soort lamkampies of tipe fasiliteit die beste gaan werk vir die boerdery se behoefte.
2. Fasiliteit vereistes en soorte lamkampies
Lamkampies kan op verskeie maniere opgestel en geïmplementeer word. Wanneer die kampies gevestig is moet daar besluit word oor die tipe materiaal, die kampies se grote, vloer bedekking en of die fasiliteit permanent of tydelik gaan wees.
2.1. Materiaal vir lamkampies
Die goue reël wat in gedagte gehou moet word tydens die konstruksie van lamkampies is om materiaal te gebruik wat reeds beskikbaar is en net iets te koop indien dit nodig is. Op die manier word die hoeveelheid kapitaal wat benodig word, om die kampies op te rig verminder. Die gewildste is om metaal panele (skaap hekkies) te gebruik om krale te vestig. Meeste skaap produsente het reeds die toerustig beskikbaar en kan dit dus gebruik wanneer dit benodig word. As die produsente nie hekkies het nie kan die aanvanklike aankoop van metaal hekkies egter duur wees as dit op een slag gekoop moet word. Die hekkies kan verbind word met metaal penne en ‘n eenvoudige vierkantige hokkie kan dan geskep word, soos gesien in Figuur 1. Metaal hekkies kan vervang word met hout planke of draad. Hout word egter meestal gebruik vir die vestiging van permantente fasiliteite en draad kan ‘n moontlike probleem wees aangesien lammers kan ontsnap, tensy oogies draad aan die onderkant gespan word. Dit is wys om goeie skuiling vir vee in lamkampies te bied. Plaat kan gebruik word om afdake te skep en om die kante van die kraal te bedek om die ooi en haar lam(mers) te beskerm teen ongunstige weerstoestande (byvoorbeeld wind, reën, ensovoorts). Die ideaal is om ooie met hul lam(mers) onderdak te hou of binne ‘n gebou met goeie ventilasie. Nadat die materiaal en tipe fasiliteit gekies is moet daar besluit
word oor die grote van die lamkampies.
2.2. Grote van lamkampies
Die grote van lamhokke wissel. Die grootste twee faktore wat bydra tot die seleksie van die lamhokkies se grote is die ras en of die ooi ‘n enkeling of meerlinge het. Die grote is gewoontlik 1,5m by 1,5m met ‘n hoogte van tussen 1,5m en 1,8m hoog as die hokkie ‘n ooi met een lam bevat (van Vuuren, 2015). Vir meerlinge kan die grote van die kampie aangepas word volgens die hoeveelheid meerlinge. Pas die kampies aan sodat daar genoeg spasie is vir die ooi en vir haar lam(mers) om te drink. Die produsent moet sy/haar eie diskresie gebruik wanneer daar besluit word op die grote van die kampie. Groter lamkampe kan ook gebruik word waar meer as een ooi en haar lam(mers) aangehou kan word, soos gesien in Figuur 2.
Klein en groot lamkampies het sy voor- en nadele. ‘n Groot voordeel van kleiner kampies is dat ooie en haar lammers makliker individueel gemonitor kan word. Ooie kan ook gevoer en bestuur word volgens hul behoefte en nie volgens die standard van die trop nie. ‘n Nadeel natuurlik is dat die sisteem relatief arbeidsintensief is. Groter lamkampe maak die bestuur makliker en die hoeveelheid arbeid wat benodig word minder, maar maak die kontrolering van individuele ooie met hul lammers moeiliker. Groter kampe is ook goedkoper om op te rig en dit is een van die groot redes hoekom al hoe meer produsente weg beweeg van klein lamhokkies na groter lamkampe. Dit is egter belangrik om the onthou dat ‘n vergrooting in die oppervlakte die risiko vir lamvrektes verhoog, as gevolg van swakker bindings eienskappe tussen die ooie en haar lam(mers) (Lindsy et al., 1990). As die grote van die lamkampies gefinaliseer is moet daar besluit word of die fasiliteit tydelik of permanent gaan wees.
2.3. Tydelike of permanente lamkampies.
Die keuse of die kampies permanent of tydelik gaan wees gaan afhang of die produsent die kapitaal en die spasie het om dit te vestig. Indien nie, sal dit beter wees om gebruik te maak van ‘n tydelike sisteem. Die voordeel van ‘n tydelike sisteem is dat dit geskuif kan word waar dit vir die produsent die gerieflikste gaan wees jaar tot jaar. Die materiaal, grote, en of die kampies tydelik of permanent gaan wees is belangrik, maar daar moet ook besluit word of daar grondbedekking geplaas gaan word en die tipe grondbedekking.
2.4. Grondbedekking vir lamkampies
Die bedekking kan wissel tussen vled buite (geen bedekking), hortjiesvloere, sementvloere, saagsels en sementvloere met saagsels. Hortjiesvloere is meestal van toepassing binne ‘n gebou of by ‘n onderdak sisteem. Hortjiesvloere kan gerieflik wees as dit van die grond af gelig is en dit moontlik is om onder die vee, mis en uriene te verwyder. Die probleem met hortjies vloere is dat dit vlieë kan lok wat kan lei tot infeksies. Sement vloere is ook ‘n opsie, maar dit kan duur wees om te vestig. In die praktyk blyk dit of saagsels/ strooi as grondbedekking die beste en goedkoopste opsie is (Figuur 3). Dit moet net goed skoon gemaak word tussen elke lamsiklus. Sagsels het goeie absorbsie vermoë vir urine, mis en die nageboorte tydens lam.
Soos genoem hierbo is daar ‘n paar voor- en nadele vir lamkampies wat in gedagte gehou moet word. Lamkampies het egter verskeie voor- en nadele en is dit nie net die bogenoemde nie.
3. Voor- en nadele van lamkampies
3.1. Voordele
- Lamkampies verhoog die binding (verhouding) tussen die ooi en haar lam(mers) (Lindsy et al., 1990). Dit kan bydra dat lamvrektes tot minder as 5% kan daal as daar voldoende skuiling is en ‘n gebalenseerde dieet voorsien word (Brand et al., 1985).
- Lamkampies verbeter toesig, bestuur en kontrole van die kudde.
- Dit verlaag mortaliteite by ooie wat meerlinge het en ooie wat vir die eerste keer lam, aangesien lammers konstant kan suip aan hul ma.
- Kampies maak dit moontlik ooie te identifiseer wat aan dooie lammers geboorte gee, wat sukkel om te lam, lae of geen melkproduksie het en swak moedereienskappe het.
- Dit verhoog ook naspeurbaarheid en bevorder rekordhouding. Rekordhouding word bevorder, want minder vee word verloor as gevolg van diefstal (Van As, 2013).
- Lamkampies bied die geleetheid om ooie meer spesifiek te voer volgens hul behoefte. Byvoorbeeld ‘n ooi met meerlinge het ‘n groter behoefte aan ‘n rantsoen wat meer melkproduksie bevorder as ‘n ooi met ‘n enkeling. Met ander woorde, produsente kan meer effektief voer en meer spaar op voerkostes.
- Lamkampies voorkom dat lammer verdwaal en wegbreek van die ooi af. Dit is een van die grootste faktore wat bydra tot hoë voorspeense lamvrektes. Dit was bewys deur Watt et al., (1984) dat slegs 32% van lammers wat op die manier skei van die ooi oorleef in die praktyk.
- Dit kan lammers meer beskerm teen roofdiere.
- Dit is moontlik om ‘n kudde te verdeel en veelvoudige groepe deur die jaar te laat lam. Die lamkampies word dus meer effektief benut en daar is ‘n beter kontantvloei deur die jaar as wat ooie net een keer ‘n jaar lam.
Vanaf die bostande punte is dit duidelik dat lamkampies verskeie voordele het, maar daar is nadele ook wat ‘n produsent se besluit om kampies op te rig sal beïnvoel.
3.2. Nadele
- Lamkampies kan reedelik arbeidsintensief wees. Hoe meer kampies daar is hoe groter gaan die arbeid behoefte wees.
- Soos genoem bied lamhokkies die geleentheid om meer groepies te lam deur die jaar wat bydra tot ‘n beter kontant vloei. Dit kan egter die inenting- en doseringsprogram ingewikkeld maak as daar baie groepies is.
- Die aanvangklike koste wat benodig word om die kampies te vestig is hoog.
- Die koste verbonde aan grondbedekking en voer kan hoog wees, maar as die kudde reg bestuur word sal verhoogde speen persentasie op maak daarvoor.
- Lamkampies kan die risiko van siekte verspreiding verhoog, aangesien ‘n groot hoeveelheid diere in ‘n klein area gehou word (hoë veelading as gevolg van intensiewe sisteem).
- Die risiko vir brommer aanvalle kan ook verhoog.
- Bestuur kan moeilik raak as die ooie nie gesinkroniseer is nie.
Nou dat dit duidelik is wat die fasiliteit vereistes, soorte lamkampies, voor- en nadele is, is daar verskeie bestuur en voedings riglyne wat ‘n produsent ingedagte moet hou om die stisteem so effektief as moontlik te maak.
4. Bestuur en voedings riglyne
4.1. Riglyne om die effektiwiteit van lamkampies te verhoog
Die ideal is om ooie te sinkroniseer wat in kampies gaan lam. Dit vergemaklik bestuur en verkort die aantal tyd wat die lamkampies gebruik word. Dit verlaag ook jou voedings onkostes, aangesien die ooie minder tyd in die kampies spandeer. Ooie kan gesinkroniseer word deur sponse of koggel ramme te gebruik. Koggel ramme kan voor paring by ooie geplaas word vir agt dae. Die ooie moet dan vir nie langer as ‘n maand gepaar word nie. Dit is nog beter om ooie te sinkroniseer en dan te laparoskopie. Dit sal die lamtyd verkort en bestuur nog makliker maak. Laparoskopie het ook ‘n hoër bevrugting sukses.
Die dragtige ooie kan net voordat hulle lam in die kampies of hokkies geplaas word. Op die manier kan die ooie ook gewoond raak aan hul nuwe omgewing en is dit minder stresvol vir die diere as hulle begin lam. Ooie kan ook in lamkampies geplaas word en dan as die eerse ooi begin lam hulle oorplaas in kleiner lamhokkies om nie die lamhokkies onnodig vuil te maak nie. Dit is uiters belangrik om kampies, veral klein kampies skoon en droog te hou. Dit kan gedoen word om afval uit die kampies te verwyder of om gereeld skoon strooi of sagsels te voorsien. Dit is wys om binne en rondom die kampies te ontsmet en kan gedoen word deur kalk toe te dien. Dit is beter om eers die kalk toe te dien en dan die strooi of saagsels in te sit. Kalk sal help om patogeen verspreiding te verlaag wat probleem is tydens lam. Lammers kan maklik ‘n infeksie kry by hul naelstring. Tydens geboorte word die naelstring wat die lam en ooi heg verbreek wat dien as ‘n ingangspunt vir bakterieë. Bakterieë het dus direkte toegang tot die lewer en die vaskulêre stelsel (Froehlich, 2021). Om die rede is dit baie belangrik om die naelstring van ‘n pasgebore lam deeglik te ontsmet.
4.2. Voeding- en waterbehoefte
Een van die belangrikste faktore wat die winsgewendheid beïnvloed met betrekking tot lamkampies is water en voeding. Dit is uiters belangrik om seker te maak dat ooie met genoeg skoon en koel drinkwater voorsien word. Pype en waterbakke moet op ‘n daaglikse basis skoon gemaak word. Plaas die waterbakke hoog genoeg dat die skape dit nie kan besoedel nie, maar moet dit nie op ‘n hoogte plaas waar die vee nie gemaklik kan bykom nie. Stoot skoon sponse of ‘n lap deur die pype om dit aan die binne kant skoon te maak.
Wanneer dit kom by voeding moet ooie aangepas word op ‘n lammerooirantsoen voordat hulle lam. Ooie met eenlinge moet vier weke voor lam aangepas word en ooie wat dragtig is met tweelinge moet aangepas word vir ses weke voor lam. Voeding is die belangrikste 60 dae voor lam, aangesien 80% van fetus ontwikkeling vind gedurende die tydperk plaas (Hofmeyr, 2020). Ongeveer 80% van lam aborsies kom voor ‘n paar weke voor lam voor, as gevolg van onvoldoende voeding. Dit beklemtoon weereens hoe belangrik dit is om die regte voeding gedurende die regte stadium te voorsien. Daar moet tussen 450g tot 500g per dag van die lammerooirantsoen voorsien word en die hoeveelheid moet met elke sewe dae met 250g – 300g verhoog word. Dit moet so gevoer word dat ooie met eenlinge tussen 1kg tot 1,5kg ‘n dag moet inneem en ooie met tweelinge tussen 1,5kg tot 2kg moet inneem, voor lam. Voerinname kan ook volgens liggaamsmassa bereken word (van Vuuren, 2015). Voor lam moet ‘n ooi ongeveer 3% van haar liggaamsmassa daagliks inneem en na lam ongeveer 4%. Die byvoeging van verbyvloeiproteïne is net so belangrik veral gedurende die laatdragtigheid stadium. Deurvloeiproteïene verhoog geboortemassa, verhoog lamoorlewing, verbeter moedereienskappe, verhoog groeitempo en verlaag die voorkoms van geboorte probleme. Ooie se liggaamskondisie moet gereeld gemonitor word en dit word aanbeveel dat ‘n voedingskundige gekontak moet word om die korrekte aanbeveelings te gee volgens die skape se behoefte.
4.3. Biesmelk
Biesmelk is ‘n uitstekende voedings bron vir pasgebore lammers. Dit bevat hoë energie vlakke en genoegsame immunoglubliene om immuniteit te versterk. Dit is bitter belangrik om seker te maak dat ooie se spene nie verstop voor en nadat sy gelam het nie. Dit kan lei tot ongeveer 42% minder melk produksie, 42% laer lam oorlewing en 21% laer groeitempo (Curnow et al., 2011). Dit word baie keer verstop as gevolg van sny merke tydens die skeer van wol. Selfs na melk suiping kan daar bakterieë in die speen kom wat lei tot inflamasie (mastitis). Lammers moet binne 18 uur wat hulle gebore is ±200ml per kilogram liggaamsmasssa biesmelk in kry om goeie lamoorlewing te veseker. As lammers nie voldoende suip binne die eerste drie-en-half uur nie, moet biesmelk of sintetiese biesmelk met ‘n maagbuis voorsien word (Figuur 4). Sintetiese biesmelk moet nie hoër as 37°C voorsien word nie, aangesien dit
die teenliggaampies kan beskadig.
Toepassing van die bestuurs en voedings aspekte kan help om hoër lamoorlewing te bevorder in lamkampies. Die suskses van lamoorlewing was al deur verskeie studies bevestig, maar navorsing het al sekere lamkamp stelsels bevraagteken tydens sekere ekonomiese toestande.
5. Navorsing
‘n Studie gedoen in 1985 deur A.A Brand, S.W.P. Cloete en T.T. de Villiers het noemenswaardige resultate gelewer toe daar getoets was vir faktore wat lamvrektes beïnvloed. Die onderstande figuur wys ‘n histogramatiese voorstelling van lamvrektes volgens ras en bestuurspraktyke.
Vanaf die resultate in Figuur 5 is dit duidelik dat ‘n intesiewe stelsel (lamkappies) lamvrektes bekamp het vir beide rasse. Daar was 2% minder vrektes by SA Vleismerinolammers by ‘n intesiewe sisteem en by Dormerlammers 6% minder vrektes. ‘n Duidelike bewys dat lamkampies lamoorlewing verhoog by altwee rasse. Daar was ook minder vrektes tydens geboorte, 1 tot 3 dae na geboorte en 11 dae tot speen waar ‘n intensiewe sisteem gebruik was by altwee rasse (Brand et al., 1985). Daar was wel meer geboorte probleme by ‘n intensiewe sisteem as ‘n ekstensiewe sisteem. Dit kan dalk toegeskryf word aan lamkampies se geboorte area wat te klein was wat gelei het tot geboorte probleme. Die hoeveelheid dood tussen 4 tot 10 dae was ook bietjie meer by ‘n intensiewe- as ‘n ekstensiewe sisteem, maar dit was nie ‘n beduidende verskil nie.
Nog ‘n studie gedoen deur Escobedo-Canul et al., (2020) het bewys dat lamkampies rustiger lamme met geboorte gehad het, asook vinniger erkening deur die lam en ‘n beterde binding tussen die ooi en lam was, as in ‘n ekstensiewe sisteem.
6. Gevolgtrekking
Dit is gewoontlik moeilik om oor te skakel vanaf ‘n ekstensiewe sisteem na lamkampies. Dit is beter om eerder op ‘n klein skaal te begin en die sisteem later uit te brei. Byvoorbeeld as die produsent nog nie baie kampies het of min material het om kampies te vestig is dit beter om eers ooie met meerlinge in kampies te plaas. As die boerdery later uitbrei en meer kampies kan oprig kan ooie met enkelinge ook in die kampies geplaas word. Daar moet so volledig as moontlik rekord gehou word van alle aspekte van die sisteem, om winsgewendheid te verseker en verhoog.
As die lamkampie sisteem reg op gerig en bestuur word kan dit lei tot ‘n onmiskenbare verskil in lamvrektes, in vergelyking met ‘n ekstensiewe sisteem.
7. Bibliografie
Van As, H. (2013) ‘Improve maternal traits with a lambing pen system’, Stockfarm, pp. 1–5.
Brand, A. A., Cloete, T. T. & De Villiers, S. W. P. (1985) ‘Faktore wat lamvrektes by die Elsenburg Dormer- en SA Vleismerinokuddes beïnvloed’, S. Afr. J. Anim. Sci., 15(4), pp. 155-161–161.
Curnow, M., Oldham, C. M., Behrendt, R., Gordon, D. J., Hyder, M. W., Rose, I. J., Whale, J. W., Young, J. M. & Thompson, A. N. (2011) ‘Successful adoption of new guidelines for the nutritional management of ewes is dependent on the development of appropriate tools and information’, Anim. Prod. Sci., 51(9), pp. 851–856.
Escobedo-Canul, J. A., González-Pech, P. G., Sandoval-Castro, C. A., Cámara-Sarmiento, R. & Sarmiento-Franco, L. (2020) ‘Compared to grouped lambing, isolation favorize calmer animals and faster mother-lamb recognition but not lambs’ survival in tropical hair sheep farms’, Appl. Anim. Behav. Sci., 232.
Froehlich, K. (2021) Navel dips for lambs and kids.
Hofmeyr, I. (2020) ‘Ewe nutrition for optimal lamb production’, Stockfarm, p. Vol. 10, Nom. 8.
Lindsy, D. R., Nowak, I., Putu, G. & McNeil, I. (1990) ‘Behavioural interactions between the ewe and her young at parturition’, pp. 191–216.
Louw, B., Louw, L., Botha, E., van Wyk, K., Myburgh, P. & van Rooyen, P. (2015) Riglyne vir Veeboerdery. Available at: http://www.rpo.co.za/wp-content/uploads/2016/07/NWKV-Afrikaans-2015.pdf.
Teagasc (2020) Lamb mortality – when it occurs, causes and management practices.
van Vuuren, J. (2015) ‘Lamhokke vir hoër produktiwiteit’, in Riglyne vir veeboerdery, pp. 84–89.
Watt, B. R., Anderson, G. A. & Campbell, P. (1984) ‘A comparison of six methods used for detecting pregnancy in sheep’, Aust. Vet. J., 61(12), pp. 377–382.
Vir meer inligting skakel die Overberg Agri-kantoor op Caledon:
Ruben Badenhorst (Lanboukundige)
E-pos: rubenb@overbergagri.co.za
Telefoon: 028 214 3800