Vakleerling

Beskrywing & Vereistes

ONS KULTUUR

By Overberg Agri is ons mense die kern van ons sukses. Ons bevorder ‘n positiewe, inklusiewe omgewing waar elke werknemer voel hulle behoort. Gelei deur uitnemendheid en gegrond op vriendelikheid, innovasie en toewyding, groei ons saam.

VERANTWOORDELIKHEDE

  • Meganiese herstelwerk aan landbou toerusting;
  • Algemene netheid van werk area; en
  • Effektiewe kontrolering en administrasie van bywonings register en werkkaarte.

MINIMUM KWALIFIKASIE EN VEREISTES

  • 10/ Gr 12;
  • N1/N2, met Wiskunde, Wetenskap, Tegniese Tekeninge en Motor teorie, sal tot u voordeel strek;
  • Relevante ervaring en ondervinding sal tot die kandidaat se voordeel strek;
  • Moet in staat wees om onder druk te werk;
  • Goeie menseverhoudings;
  • Goeie kommunikasievaardighede in beide Afrikaans en Engels;
  • Rekenaargeletterd;
  • Noukeurigheid en oplettendheid;
  • Meganiese vaardighede wat verband hou met die instandhouding van landboutoerusting;
  • Moet goeie gesondheid geniet (geen rug- en/of voetprobleme);
  • Moet nie allergies wees vir stof, chemikalieë en olie nie;
  • Gewilligheid om oortyd te werk (wat ook Saterdae of publieke vakansiedae kan insluit); en
  • ’n Geldige Kode B-bestuurslisensie is verpligtend. ’n Kode EC-bestuurslisensie sal tot die kandidaat se voordeel strek.

 ADDISIONELE INLIGTING

 ‘n Markverwante vergoedingspakket word aangebied. Aansoekers moet verwysingsnommer A060001  insluit en die vereiste dokumente (Identiteitsdokument, bestuurslisensie, kwalifikasies en twee werkverwysings) indien vir aansoek om oorweeg te word. Volgens maatskappy se Gelyke Indiensnemingsplan sal voorkeur gegee word aan geskikte kandidate uit angewese groepe. Indien geen terugvoer binne ses weke na die sluitingsdatum ontvang word nie, kan die aansoek as onsuksesvol beskou word. Die maatskappy behou die reg voor om ‘n aanstelling te maak of nie.

NAVRAE & AANSOEKE: Aandag Caylin Markus OR
Epos: recruitments@overbergagri.co.za | Ingehandig by Overberg Agri, Donkinstraat 11, Caledon, 7230.

*Heg jou CV aan die epos voordat jy stuur