Onderdele Adviseur
Beskrywing & Vereistes
ONS KULTUUR
By Overberg Agri is ons mense die kern van ons sukses. Ons bevorder ‘n positiewe, inklusiewe omgewing waar elke werknemer welkom voel. Ons word gelei deur uitnemendheid en deur vriendelikheid, innoverende denke en toewyding groei ons saam.
VERANTWOORDELIKHEDE
- Die plaas van direkte bestellings;
- Deurlopende lewering van uitstekende kliëntediens en die vroegtydige identifisering van kliënte se aankoop behoeftes;
- Voorraadbestuur;
- Verkoop van onderdele oor toonbank;
- Effektiewe administrasie;
- Die opstel van kwotasies; en
- Hantering van telefoniese navrae.
MINIMUM KWALIFIKASIE EN VEREISTES
- Graad 12 / St. 10;
- 2 Jaar toepaslike ondervinding met betrekking tot verkope van landboutoerusting en/of –onderdele;
- Moet ten volle rekenaarvaardig wees;
- Die vermoë om onder druk te werk;
- Sin vir akkuraatheid;
- Moet in staat wees om onafhanklik en met minimale toesig te werk;
- Goeie kommunikasievaardighede in Afrikaans en Engels;
- Goeie interpersoonlike vaardighede;
- Moet nie allergies wees vir stof en chemikalieë nie;
- Geldige kode 8 bestuurslisensie; en
- Bereidwillig om oortyd te werk wanneer nodig.
ADDISIONELE INLIGTING
‘n Markverwante vergoedingspakket word aangebied. Aansoekers moet verwysingsnommer P010011 insluit en die vereiste dokumente (Identiteitsdokument, bestuurslisensie, kwalifikasies en twee werkverwysings) indien vir aansoek om oorweeg te word. Volgens maatskappy se Gelyke Indiensnemingsplan sal voorkeur gegee word aan geskikte kandidate uit aangewese groepe. Indien geen terugvoer binne ses weke na die sluitingsdatum ontvang word nie, kan die aansoek as onsuksesvol beskou word. Die maatskappy behou die reg voor om ‘n aanstelling te maak of nie.
NAVRAE & AANSOEKE: Vir aandag Caylin Markus of
Epos: recruitments@overbergagri.co.za | Aansoeke kan ingehandig word by Overberg Agri, Donkinstraat 11, Caledon
*Heg jou CV aan die epos voordat jy stuur
